Berge mag val

Die lewe in ‘n mediese praktyk kan vir baie ligte oomblikke sorg, maar net so kan mens ook maar goed beleef wat jou menswees kan skaad.

My Baaskind was mos in New Zealand. Het bietjie vir haar broer gaan kuier wat al agt jaar gelede soontoe getrek het. ‘n Vrou bel die praktyk en peper my met allerhande vrae oor gehoortoetse en apparate. Ek is mos verveeld en gesels dus land en sand met haar. Ons is amper beste maatjies toe sy uiteindelik aflui. Die afspraak vir haar ma is gemaak sodra Baaskind terugkom.

Die oomblik toe die dame saam met haar ma hier instap, besef ek dat hier vandag moeilikheid voorlê. Sy het haar kindertjies ook saamgebring. Die oudste twee is skoolgaande ouderdom maar ek vermoed hulle is klassieke “homeschooling” kinders want die skoolvakansie is verby. Hulle almal kerm vir geld vir die lekkergoed masjien terwyl Ma die vorms invul. Nog voor sy halfpad is, breek die gesinsoorlog uit. Vorm eenkant, vrede moet eers herstel word. Na 20 minute kan Ouma se ore getoets word. Ma gaan sit in die stoel die verste van die deur af en begin haarself met haar selfoon besig hou. Kindertjies ruk al die speelgoed oop en strooi dit die wêreld vol terwyl hulle beurte maak om te huil. Die sout en asyn chips is in die stoele vasgedruk. En ek weet die gehoortoets daar binne gaan nie werk as die geraas nie ophou nie. Ek tel al die speelgoed op en sit dit in die gang buite die praktyk. Die kinders gaan speel daar. Ek kan hulle die heeltyd dophou. Ma is nie eers bewus daarvan dat ek hulle uitskuif nie. Ek kook en besef ek moet my op my tong byt, wat ek toe regkry.

Ouma kom na 45 minute uit. Dit lyk soos ‘n slagveld. Die legkaarte lê die hele gang vol. Die speelgoed is taai. Buzz Lightyear en Woody lê met stokstywe oë en speel dood. Nes in Toystory. Ma spring op van haar stoel af. Sy wil self met Baaskind praat en hoor wat gaan aan met Ouma se gehoor. Ek gesels maar met Ouma terwyl ek probeer om alles weer ordelik te kry. Baaskind is ‘n blou persoonlikheid. Bloues hanteer wanorde nie goed nie. Toe hulle weg is, braak ek behoorlik gal oor Ma wat net met haar foon sit en GEEN aandag aan een van haar kinders gee nie.

Toe ek uiteindelik kalmeer sê sy vir my dankie. Ek vra vir wat?

Want die dogter het vir haar gesê dat as dit nie vir die ontvangsdame was wat haar so vriendelik en volledig ingelig het oor die hele prosedure nie, sou hulle na ‘n ander oudioloog toe gegaan het.

Eish…wat sê hulle van berge wat op jou moet val en heuwels wat jou moet bedek?

 

16 comments

    • Meer as dit……ai die dogtertjie is die slim een. Ons het so ingewikkelde hout legkaart waarmee groot mans sukkel maar sy het dit uitgepluis…maar so verwaarloos….

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar op HesterLeyNel Kanselleer die reaksie

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s