Ek wou vandag skryf oor my dag op 1 Oktober 2014. Op die eerste dag van borskankerbewustheid maand word ek deel van die statistiek. Maar toe kuier ek eers op Vuisboek en besluit net daar om hierdie met julle te deel.
Ek dink ek het al van hierdie ongelooflike reis vertel van die man in ‘n rolstoel wat met die hulp van sy vriend die Camino aangedurf het. Dit was ‘n epiese tog en een van die mees ongelooflikste stories wat ek ooit gelees het.
Groot was my verbasing toe ek die 29e September op Facebook die fotos sien van die groep wat nou huidiglik die Camino “stap”. Die groep bestaan uit 10 persone, almal in rolstoele, met 35 helpers.
Hierdie ouens “stap” die Camino op presies dieselfde roete wat gewone pelgrims stap. Daar is nie spesiale rolstoel paadjies nie. Hulle stap nie op die fiets pad nie. Hulle doen die regte pad. Dis berg op en bergaf. Grondpaaie. Teerpaaie.
Party van die Rolpers(Rolstoel en StapPers) is al gevorderd in jare. Kyk hoe blymoedig is die helpers. Dis nie net die aangestelde helpers wat help nie. Vreemde mense wil ook help.
Ander Rolpers is jonk. Wat my opval is die absolute genot op die gewone stappers se gesigte as hulle hierdie dapper mense sien.
Kyk Ma! Geen helper! Ek doen dit sommer alleen!
Spanwerk op sy beste! Party trek, ander stoot. Sommiges dra.
Jonk en oud werk saam.
Dis nou al dag drie.Hulle gesigte spreek boekdele.
Stappers van regoor die wêreld ontmoet die Rolpers. Hierdie is Justin Skeesuck wat deur Patrick Grey, sy beste vriend die eerste Camino “gestap het. As mens elke dag se inskrywing op Facebook lees, kry jy sommer nuwe moed, al bevind jy jouself in ‘n slegte plek.
Dit het presies dit vir my vandag gedoen. In plaas daarvan om die riller van 1 Oktober 2014 weer te beleef (en dit was ‘n riller as gevolg van alles wat gebeur het voor die operasie) het ek nuwe krag en moed uit hierdie geput.
Hoop dit beteken iets vir emand anders ook. Gaan volg gerus die Facebook bald. I’ll push you.
Wonderlik inspirerend en definitief ‘n roep om te kyk na ons eie klaagliedere
LikeLike
Dit het my dag vinnig omgedraai…
LikeLiked by 1 person
Mmm, my dag gaan sukkel om te draai, selfs met inspirasie soos die. Sal maar more weer probeer
LikeLike
Ag nee….kan ek Scrapy se vliegmasjien gou leen en ‘n chocolate by jou kom drop?
LikeLiked by 1 person
Chocolate sal lekker wees, jy weet mos hoe dit gaan oor maandeinde, met ‘n migraine is dit erger. Ek verlaat darem nou die kantoor, na ‘n 16 ure dag, eish
LikeLike
Veilig ry en sterkte…dis n flippin lang dag. Hoop jy is al by die huis
LikeLiked by 1 person
Ek is huis toe, om baba bok te gaan melk gee, eers na 12 in die bed geklim
LikeLike
O my soul…ma se werk hou net nie op nie😅
LikeLiked by 1 person
Wonderlik inspirerend!
LikeLike
Hierdie is so spesiaal, WoordNoot. Ek is bly jy het dit kom deel. Is dit al 5 jaar?
LikeLike
Jip…volle 5 jaar. Time flies, nê?
LikeLike
Ai, dit kan jy weer sê. Hoe voel jy vandag? Nou?
LikeLike
Ek voel elke dag beter…amper weer my ou self….
LikeLike
Dis goed, hierdie weggaan het presies op die regte tyd gekom.
LikeLike
Absoluut..a godsend
LikeLike
So poditief! Bly jy voel ook so beter!
LikeLike
DIt is voorwaar….Dankie hoor!
LikeLike
So bly jy het beter gevoel en jy maak reg vir groot kuier!!
LikeLike
Wens ek kon al die Towerinne saam vat!
LikeLike
Ag dankie vir die deel Woordnoot, dis werklik ‘n opheffende artikel. Ek gaan nou sommer my klagtes opsysmyt en ‘n slag gaan kyk wat gaan buite aan.
LikeLike
Dit het my klagtes sommer laat verdwyn
LikeLiked by 1 person
Dit wil gedoen wees! Ek volg juis n vrou wat ek ontdek het op n blogpos wat by dag 30 is vandag. Dit begeester n mens behoorlik.
LikeLike
Dis beslis nog op my emmerwenslys!
LikeLike
Myne ook, maar ek glo nie ek sal ooit geld he om dit te kan doen nie.
LikeLike
Wow dis beautiful verby. So bly om iets positiefs te sien… ons word mos oorlaai met die negatiewe.
LikeLike
Hierdie ouens is ‘n groot inspirasie. As jy nou wil tjank moet jy die heel eerste een toe hulle 2 alleen oor was, se footage kyk…..
LikeLiked by 1 person
Ek staan in verwondering. Ons kla so maklik oor snert, as jy na hierdie moedige mensies kyk staan jy beskaamd.
LikeLike
Jy moet hulle op fb volg…..ek huil elke keer as ek hulle daaglikse post lees
LikeLiked by 1 person