I’ll push you

Ek wou vandag skryf oor my dag op 1 Oktober 2014. Op die eerste dag van borskankerbewustheid maand word ek deel van die statistiek. Maar toe kuier ek eers op Vuisboek en besluit net daar om hierdie met julle te deel.

Ek dink ek het al van hierdie ongelooflike reis vertel van die man in ‘n rolstoel wat met die hulp van sy vriend  die Camino aangedurf het. Dit was ‘n epiese tog en een van die mees ongelooflikste stories wat ek ooit gelees het.

Groot was my verbasing toe ek die 29e September op Facebook die fotos sien van die groep wat nou huidiglik die Camino “stap”. Die groep bestaan uit 10 persone, almal in rolstoele, met 35 helpers.

Image may contain: one or more people, motorcycle and outdoor

Hierdie ouens “stap” die Camino op presies dieselfde roete wat gewone pelgrims stap. Daar is nie spesiale rolstoel paadjies nie. Hulle stap nie op die fiets pad nie. Hulle doen die regte pad. Dis berg op en bergaf. Grondpaaie. Teerpaaie.

Image may contain: 3 people, people smiling, people standing, tree, child, outdoor and nature

Party van die Rolpers(Rolstoel en StapPers) is al gevorderd in jare. Kyk hoe blymoedig is die helpers. Dis nie net die aangestelde helpers wat help nie. Vreemde mense wil ook help.

Image may contain: 3 people, people smiling, outdoor

Ander Rolpers is jonk. Wat my opval is die absolute genot op die gewone stappers se gesigte as hulle hierdie dapper mense sien.

Image may contain: 3 people, people smiling, outdoor and nature

Kyk Ma! Geen helper! Ek doen dit sommer alleen!

Image may contain: 1 person, tree, child, plant, outdoor and nature

Spanwerk op sy beste! Party trek, ander stoot. Sommiges dra.

Image may contain: 3 people, people riding bicycles, tree, bicycle, outdoor and nature

Jonk en oud werk saam.

Image may contain: one or more people, sky, cloud, grass, mountain, outdoor and nature

Dis nou al dag drie.Hulle gesigte spreek boekdele.

Image may contain: 2 people, people standing and outdoor

Stappers van regoor die wêreld ontmoet die Rolpers. Hierdie is Justin Skeesuck wat deur Patrick Grey, sy beste vriend die eerste Camino “gestap het. As mens elke dag se inskrywing op Facebook lees, kry jy sommer nuwe moed, al bevind jy jouself in ‘n slegte plek.

Dit het presies dit vir my vandag gedoen. In plaas daarvan om die riller van 1 Oktober 2014 weer te beleef (en dit was ‘n riller as gevolg van alles wat gebeur het voor die operasie) het ek nuwe krag en moed uit hierdie geput.

Hoop dit beteken iets vir emand anders ook. Gaan volg gerus die  Facebook bald. I’ll push you.

 

 

Advertisements

28 comments

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s