Almal weet nou al dat ek die kans gekry het om te reis…nogal Skotland toe. Maar min weet van die stryd om uiteindelik tot hier te kom waar ek nou kan sê…dis nog net 4 slapies.
‘n Tydjie terug skryf ek van die ondankbare spinnekop wat my byt. Ek sukkel maar so deur die gesondword proses. Sowat n week nadat ek begin beter voel verskyn die rooi jeukende seer blasie in my middel. Al weer gordelroos. Ek weet nie hoekom ek dit kry nie want dit word skynbaar aangevuur deur stress. Wie het stress? Nie ek nie!
Nietemin volg ses weke waarin ek partydae so sleg voel dat ek met dikgehuilde oë by die werk instap. Want sien….die datum vir Skotland kom nader en ek voel eerder om te bly lê. Die virus woed uit en die rofies raak droog. Maar ek bly sleg voel. Vrydag staan ek op. Die droë blasies is weer opgeswel en seer. Chaos breek uit. My sus se seun by wie ons gaan bly het n erge outo immuunsiekte. Ek kan nie naby hom kom nie.
Dankie tog dat ek in n mediese sentrum werk. Die ontvangsdame reël vinnig n konsultasie. My bloeddruk is gevaarlik hoog. “As ons dit nie afkry nie vlieg jy nèrens heen nie”
F….rekkit. Ek begin dadelik al die pille drink. 70 pille in sewe dae vir die gordelroos. Nuwe bloeddruk meds. Die hele naweek neem ek elke uur n lesing. Dit wissel van hoog na blerrie hoog na freakin hoog. My planne om al die babas te gaan sien is van die baan. Voor daai virus nie dood is…geen baba kuiers nie. Ek is so mismoedig ek oorweeg om my klaar gepakte tas uit te pak.
Vanoggend word ek wakker en voel eintlik heel okay. Die rofies is uitgedroog en feitlik weg mar daar is nog 30 pille oor. Jiggie!!
Ek besluit om die susters te vra om my bloeddruk te toets. Volgens hulle metertjie is my BP binne perke. Ek gaan toets weer. Weer binne normaal. Vat die 3e keer my masjien saam.
Is hierdie masjien van jou al ooit gekalibreer?
Gekalliwat? Nee….
My meter is oud. Hy gee al vir my van Saterdag verkeerde lesings. Hemelhoë “jy gaan enige oomblik doodneerslaan” lesings.
Intussen is als honderd persent. En ek het n hele naweek gemors met onnodige bekommernis.
En amper my tas uitgepak en onder my bed gaan lê.
Tegnologie kan jou siel siek maak. Vra my.
Ek kan maar net saam met jou halleluja uitbassuin! Jy is beter en jy vlieg!💃
LikeLiked by 1 person
I’ll fly away,oh glory♬♫♪
LikeLike
Ek kan nie wag om te hoor van al jou avonture nie, so bly, so bly, jy kan gaan
LikeLike
Is bly ek is nie nou daar nie..skynbaar is daar woeste storms⛈
LikeLike
Ag tog, watter ellende – die onsekerheid en die bekommernis! Nou kan jy die slapies met vreugde tel…
LikeLike
Jip jip!!!
LikeLiked by 1 person
Jy gaan n fees hê
LikeLike
Dankie liewe Bondels
LikeLike
En noudat jy wert, voel jy dommer beter! Lekker kuier daar oor d water
LikeLike
Dankie ek gaan💚💙
LikeLike
Sssssommer!
LikeLike
Woeste wilde waters waar jy deur is, maar nou is daar ń groen lig. Geniet elke oomblik, drink in elke dag.
LikeLike
Dankie ….ek gaan
LikeLiked by 1 person
Jy gaan sommer heel perdfris wees en jou kuiertjie baie geniet.
LikeLike
Ek glo so…dankie Bytjie
LikeLiked by 1 person
Jy is deur die stormwaters. Nou wag Skotland en ‘n heerlike nuwe avontuur 😊
LikeLike
Jip…ek moet sê dat daar tye was wat ek gesien het hoe vlieg my droom weg….mar nou is dit amper daar!
LikeLiked by 1 person
Nee, jy het nie stres nie!!! Staan voor die spieël en vertel dit vir jouself sodat jy gesond kan bly, want jy môét wegvlieg Skotland toe. Ek sit daar in die hoekie van jou tas, onder op die bodem. Ek was nog nooit in Skotland nie en sien uit na die reis.
LikeLike