Klein kaartjies vertel hul eie storie

img_20190925_093136293597136

 

Ek moet gister vir my dogter ‘n telefoon nommer soek van ‘n vriendin wat haar eie babakliniek het. Ek het so ‘n plastiek houertjie vol besigheidskaartjies en soek daardeur vir die regte een. Soos ek deur dit blaai, herleef ek soveel van my lewe die afgelope paar jaar.

Daar is die kaartjies vir die veeartse. Die Zambesi dierehospitaal wat my Scruffy hond se voorskrif elke ses maande moes hernu vir sy Ursotan. Mens medisyne wat ek by Arrie Nel apteek gaan kry het. Montana Park Dierehospitaal wat drie blokke van my af is en ons noodgevalle hanteer het met Rusty en Pluto. Pampered Pooches het Pluto geshave and geshampoo het want hy was te groot en te swaar vir my.

Die volgende lot kaartjies is van kosplekke. Een van die min kere wat ek en die Oom iewers heen was, was Cullinan toe, een Sondag. Daar het ons by As Greek as it gets geëet. Ek weet nie of hulle nog ooit bestaan nie. My beste vriendin het my een jaar vir my verjaarsdag na die Mokka restaurant toe geneem. Die chef daar was ene Dr Adriaan Landman. Die restaurant het intussen al ‘n hele paar naamsveranderinge gehad. Ek wonder waar is die dokter? Iewers moes ek lekker koek ook gehad het, want ek kry ‘n kaartjie vir Funky Cakes & Goodies ook daar tussen in.

Ek blaai deur die hopie van gastehuise, pendeldienste en toergroepe. Die kaartjie wat my aandag daar trek, is die een van Wine Acres Country Guest Rooms. Met ons eerste vakansie as ‘n paartjie, het ons  in hierdie pragtige plekkie oorgeslaap. Die gastehuis is in die middel van druiweboorde (?) gebou. Ek onthou die pragtige wolfhond wat saam met die Oom soggens gaan hardloop het, al deur die druiwe priële. Later jare het ons een aand oorgeslaap in die Harbour View Gastehuis by Koot en Marlene de Kock op Yzerfontein. Ek kan vaagweg onthou dat hulle een of ander tragedie beleef het, maar dis voor 2015. Baie van my herinneringe van daardie tyd het vervaag. Dit was daar waar ek die eerste keer met die Oh so heavenly reeks kennis gemaak het. Die witte. As ek dit ruik, dink ek onwillekeurig terug aan daardie oorslaap.

Natuurlik is die meeste kaartjies die van besighede. Joseph wat paint.Thabiso wat DSTV installeer. Complicon wat swembaddens herstel. Arcanjo vir jou herstelwerk aan rekenaar drukkers. ‘n Hele paar van huisagente. Handyman Tin, ons ander buurman. Die kaartjie vertel presies wat hy doen. Leonards Manufacturing Jewellers. Ek kyk na die klompie kaarte vir skoonheidsalonne. Belle Beuaty Studio for hair removal. My ken lyk nog steeds soos my pa s’n elke oggend. Honey juwele. Verskeie haarsalonne.

Dan is daar die dokters. Interniste. Sjirurge. Chiropraktisyn. Elkeen vertel ‘n storie van my lewe in die dae toe ek nog ‘n mediese fonds gehad het en elke pyn en skeet laat ondersoek het.

Die laaste hopie is die kaartjies van oorsese kliënte wat van ons pendeldiens gebruik gemaak het. Nico Bade en Immo Spengler van GHS Prozessautomation GmbH van Salzgitter in Duitsland. Soos ons hier in SA sê, groot koppe van die maatskappy. In ons bussie, as hulle moeg van LH572 afklim, is hulle net mense wat graag wil gaan stort, eet en dan die werk gaan doen waarvoor hulle hierheen gestuur is. Mense met gewone lief en leed. So is Rafa SZefczenko van Poland so beindruk met ons land, dat hy sy gesin ‘n volgende vakansie hierheen bring. Rob Campbell van Missouri was die grootste rassis, maar ons het hom maar verdra. Almal het mos maar ‘n eie mening. Manilka Wijesooriya, ‘n Christen wat vir die US Goverment werk as Retired Foreign Service Officer. Elke keer as hy Suid Afrika toe kom, moet die Oom saam met hom gaan ontbyt eet as hy in Pretoria is.

Ek dink nie die ou wat besigheidskaartjies uitdink het, het ooit gedink dat mens stories rondom dit sou kon bou nie. Herinneringe skep nie. Dit laat my dink dat mens baie fyner moet dink as jy een wil ontwerp. Iewers, baie jare later, sal iemand daardie kaartjie in sy of haar hand hou. En terug dink. En onthou. En dalk glimlag, dalk ‘n traan wegsluk.

16 comments

  1. Sal ek nou weer moet dink oor besigheidskaartjies? Vir my nog altyd onbelangrik, iets om in ‘n houer te gooi en te vergeet. My eies het ek in amper 10 jaar nie opgedateer nie, maar het ‘n paar keer van posisie verander. Baie mense (veral die van oorsee) is baie trots om besigheidskaartjies uit te ruil en dan het ek altyd so halwe rooi gesig, want ek het nooit een van my eie by my nie

    Like

  2. Uitstekende skrywe. Ons het juis gister gesels oor hoe belangrik ‘n besigheid se logo is vir “branding”. Jy kan nogal baie wys word uit die besigheidskaartjie deur net na die kleure te kyk. Maar dat jy dit van toepassing gemaak het op jou eie lewe, is verskriklik interessant.

    Like

  3. Ag nee ek hou niks van besigheidskaartjies nie… hulle maak my beursie vol en ek kyk nooit weer na hulle nie. Dan weer ek was jare huisvrou en watse besigheid behalwe my haarkapster het ek? Joune is egter interessant!!! Dink nou as ons stories rondom besigheidskaartjies moet skryf sal myne die boringste wees. 😂😂😂

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s