https://edition.cnn.com/travel/article/molise-italy-pay-to-move/index.html
Ek lees op CNN se webblad dat daar dorpies in Italië is wat jou sal betaal om soontoe te trek. Dis in die Molise streek en die “campaign” het op 16 September afgeskop. Meer as 27 000.00 dollars. Dis so R404 000.00. Dan kry jy maandeliks ‘n bedrag van 700 dollars (ongeveer R10 000) om jou aan die lewe te hou.
Die groot “catch” is, dat jy ‘n besigheidjie moet begin om daar deur weer die dorp te stimuleer en om te keer dat die plekke spookdorpe word. Van die dorpies het minder as 700 inwoners.
Nou blogmaters, as ek tien jaar jonger was en ‘n man gehad het wat weet hoe om spanners en hamers te gebruik, was ek nou oppad. Jy kan nie daai avontuur aanpak as jy kontrakteurs moet gaan huur om alles te doen nie. In sekere dorpies wat aan die noordelike Alpe geleë is, word die huise verniet weggegee. Jy moet net asseblief daar gaan bly, ‘n geldjie genereer en die plek restoureer.
Die grootste probleem is dat mens nie sal weet watter dorpie om te kies nie. Fornelli is die “City of Oil” omdat daar eeue oue olyfboorde is. Dit is genomineer vir die 2019 Most beautiful town kompetisie. Die Middeleeuse dorpie spog met ‘n valbrug en daar is sewe torings in die dik buitemure gebou. Motorfietse en motors word in gedeeltes verban…dink net aan die vrede en stilte!
Riccia klink soos my dorpie! Hulle hou jaarliks die Druiwefees wat die einde van die oestyd aankondig en wyn liefhebbers van oral af aantrek. Die fees sluit nogal ‘n vlotoptog in! Wanneer laas het jy ‘n optog van vlotte gesien?
Capracotta of Campitello Matese is sneeu bedekte dorpies. Wie ly tans aan hot flushes? Dis die plekkie om te gaan bly. Dan is daar San Giovanni in Galdo waar daar nog tradisionele feeste plaasvind soos die “Zig-zaghini foklore” groep. Castel San Vincenzo lê aan ‘n kristalhelderbloue meer. Die Vallei van Hoop is in die Alta Valle del Volturno. Vir jare lank al word dit gereeld besoek deur monnike en pelgrims wat soontoe gaan vir gebed en meditasie.
Duronia is bekend vir hulle Scattone fees wat ‘n pasta gereg herdenk wat met rooi wyn en peppers gemaak word.
Waddehel? (met permissie aan Hester) soek ons nog steeds hier? Hoe wens ek nie ek kon nou in tyd teruggaan en weer agtien wees nie. Want die vet weet, ek sou darem heeltemal ander besluite geneem het.
Soos die twee jong mense wat die ou huis in Dunoon gekoop het op ‘n veiling en dit stadig maar seker restoureer? Gaan kyk gerus op https://whathavewedunoon.weebly.com
In the meantime we travel on the internet….how boring!
Agge nee, WoordNoot, hoe kan jy!!!!!!!!!! Nou werk my gedagtes oortyd, ek trek klaar!!!!
LikeLiked by 1 person
Jip!! Het geweet jy sal saam trek…..
LikeLiked by 1 person
Kom ons trek almal saam.
LikeLiked by 1 person
Pak Hester…die vliegmasjien kom netnou oor hover…we beam you up Scotty!
LikeLiked by 1 person
Klink na idees
LikeLike
Ek wou nog altyd ‘n villa in Italië gehad het.
LikeLiked by 1 person
DIs binne jou bereik, Kameel! Dink net hoe mooi sal rooi trappies daar pas!!! En jy word nog betaal om daar te bly. Hoe lekker is dit nie!
LikeLiked by 2 people
Nou goed totdiens. Sal kyk of ek Lorenzo se ma kan opspoor… dan ken ek darem iemand in Italië.
LikeLiked by 1 person