Langenhoven se waarheid

langenhoven

Hierdie kon maar net sowel in die Boek van die Lewe opgeteken gestaan het. Dalk daar in Johannes se boek, waar Jesus so baie waarhede met ons deel.

Ek lees die per ongeluk op een van die kant advertensies op FB raak. En met dit wat tans aangaan begin ek toe nou wonder hoe sou ‘n kombinasie van die twee betrokke partye dan nou eintlik lyk. Dit was nou baie maklik (en lekker) om die kwaad van my “buurman” neer te pen. En net so maklik en lekker om die goed van myself te lys. O, ek is darem nie so en so of dit en dat nie. Ek bou lekker aan hierdie derde persoon. En Langenhoven is reg. Die mens lyk eintlik maar soos ons albei.

Maar ek draai die prentjie om. Ek skryf bietjie neer wat die kwaad in my is. Sjoe! Regtig? Ek het gedink dis sleg, maar hierdie prentjie is eintlik nie so nice nie. Praat van hand in die boesem steek. Ek begin die goeie in my “buurman” neerskryf en bou ek weer ”n derde persoon. (Of is dit dalk nou ‘n vierde persoon?)

Dis dieselfde twee mense, met twee verskillende nuwe persone.Maar hy lyk ook naastenby soos elkeen van ons.

Laat die een wat sonder sonde is…… die klip gooi. Of laat die een wat ook sonde het, die klip neersit.

En deur dit alles, laat ons genade hê. Met mekaar. Veral met daai “buurman” wat in ons oë net kwaad in hom het.

Advertisements

4 comments

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s