Joan

Noem haar Joan. As sy ‘n man was, sou dit Jona gewees het.

Jona was mos die profeet wat weggehol het toe hy mense tereg moes gaan wys. ‘n People pleaser. Wou almal rondom hom gelukkig hou en kon eintlik nie standpunt inneem nie. Die makliker uitweg was om weg te gaan kruip. Op te hou praat. Net te verdwyn. Hy koop vir hom ‘n kajuit op die MSC Symphony en gaan slaap in sy kajuit. Min gepla oor die feit dat hy stroomop is. Dat hy nie luister nie. Toe die boot die storm tref, is al sy mede passasiers in die warm water…o nee! Ekskuus..in die yswater. Dis eers as hy oorboord gegooi word dat die storm bedaar, En die groot donkerte sluk hom in waar hy bly totdat hy jammer sê. Nadat hy uit daai gat geklim het, het hy die guts gehad om te doen wat hy in die eerste plek moes doen. So terloops….hierdie is my vertaling, darem grotendeels op die waarheid geskoei.

Kom binne, Joan. Vertel.

Lank, lank gelede was daar ‘n vrou. Sy was ‘n sterk vrou. Het onvoorwaardelik geglo dat alles onder beheer is en dat sy nooit ooit sal twyfel en bekommer oor haar bestaan nie. Sy het ongelooflike goed beleef. Toe besluit sy om nie te luister toe die stemmetjie saggies snags met haar praat nie. Sy word ouer. Sy gryp die idee vas dat ‘n mens haar sal beskerm teen hongerte en swaarkry. Sy koop vir haar’n nuwe lewe…sy verkoop haar siel.  Vir ‘ rukkie gaan dit goed. Sy raak gerus. En dan bars die storm los. Eers net ‘n klein windjie wat die branders se rande wit laat skuim. Maar dis nog oukei. Die branders word groter en groter, maar steeds is sy nie te erg bekommerd nie. Dis mos hoe die lewe is. Dis eers as  ander onskuldige mense in haar kring benadeel word, dat sy stadig maar seker besef dat hierdie nie ‘n plesierrit is nie. Dis lewensgevaarlik. En dis wat sy gekies het. As sy dan stukkend en verniel erken dat sy nie geluister het toe sy moes nie, word sy oorboord gegooi. En beland sy in donker dieptes. Haar gees se lewensvlam is gevaarlik laag. Sy stoei in die duister rond. Hoop dat daar wel iets sal gebeur wat haar sal red.

Roep uit vir hulp! Enige iemand, asseblief! Dan werp die donkerte haar uit. Sy is nog net so verniel en gebroke. Maar hier waar sy op die strand lê en snak na asem, brand die klein vlammetjie van hoop weer bietjie hoër. Dalk, net dalk sal sy weer haar stem kan kry. Dalk, net dalk, sal sy weer die kans kan kry.

Noem haar Joan. Sy lê nog daar  daar in die vlak watertjies. Sy kry net haar asem terug. Sy wag net dat die genadeson haar weer droog bak.

Dan sal sy weer die Stem hoor. En die keer sal sy nie weghardloop. Daarvoor was die donker tyd hopeloos te lank. En die tyd wat sy oorhet, hopeloos te kort.

 

Advertisements

13 comments

  1. When You Go Through Deep Waters, I Will Be With You. Isaiah 41:10 says, “Don’t be afraid, for I am with you, there is no need to fear, for I am your God. I will strengthen you and help you. I will hold you up with my victorious right hand.”

    Liked by 1 person

  2. Nie idee wat aangaan nie, wat ek wel weet is dit is ‘n ongelooflike mooi skrywe die en so menslik. Dankie vir die deel, praat met mens se siel. En ek, wanneer ek so vlak-water gevoel of daai donker-plek gevoel het, is daar een vers wat altyd by my opkom. Ek is nie ‘n kerk-mens nie, ek kan nie die bybel quote nie, maar op een of ander manier binne my, maak die dit net rustig: Wees stil en weet Ek is die Heer, Ek spreek en wind en golwe bedaar, Ek sal jou ook getrou bewaar. Dink aan jou en hoop jou wind gaan ook gou lê,x

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s