Krismis in September

Ek het lanklaas opgewonde geraak oor iets. Die lewe gebeur mos maar teen ‘n tempo en nie alles is lekker nie. Maar glo my, ek het vanoggend so lekker vlinder gevoel van opgewondenheid ervaar.

Ek kry gister n boodskap op Messenger.

FNB:-) You have been sent money. Dial…..

Ek ignoreer dit want wie sal nou vir my geld stuur. En hoekom? Vanoggend biep my foontjie weer en dis weer dieselfde boodskap. Ek”dial” toe maar die nommer en die volgende oomblik verskyn daar ‘n boodskap met ‘n pin nommer. Toe ek werk toe ry, besluit ek om gou te stop en te kyk hoe hierdie e-wallet ding werk. Ek volg die stappe en toe ek weer sien, staan ek met die kontant in my hand.

Ongevraagd. Onbekend. Maar so op tyd.Ek sit nou en probeer ontleed hoekom hierdie gebaar my so oneindig “bless”. Dit mag vir julle dalk stoepit klink, maar vir my was hierdie vandag net so wonderlik. Dalk het iemand iewers n fout gemaak met die selfoon nommer en het ek nou iemand anders se geld gekry. Maar dalk, net dalkies, is dit regtig vir my bedoel. Ek kies om te glo dat iemand aan my gedink het en my gesëen het. So asof die Vader net vir my wou wys dat ek nog belangrik is vir Hom.

Op hierdie stadium gaan elke los geldjie in my spaarrekening in want ek gaan mos Skotland toe. So elke randjie tel. Gelukkig het daai snaakse omie se wegbreek uit Brexit nog nie plaasgevind nie.

Ek stuur vandag ‘n kuber dankie sê die ruimte in. Vir daardie persoon.  Dis meer as net geld. Dis vandag ‘n goue ligstraal vir my.  Hierdie gebaar het vandag weer die vlammetjie van hoop aangeblaas.

Dankie. Jy weet dat jy weer dubbeld sal terug kry. Dis ‘n lewenswet. Een waaraan ek onwrikbaar glo. Maar mag jou oes vinnig groei.

Dankie.

 

 

Advertisements

8 comments

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s