Kleinkinders

My liefste kleinkinders

Hiermee wil ek bedank as ouma.

Davey-Djayden (12), Jy speel twee keer per week sagtebal. Ek hoor jy is puik maar die afrigters hou glo halstarrig vol om jou in posisies te plaas waar jy nie die beste kàndidaat is nie. En ek kan dit nie bywoon omdat dit in my werkstyd gebeur. Ek praat nie eers van al die rugby wedstryde wat ek gemis het nie,  Ek hoor hoe goed jy presteer. Ek hoor die fluisteringe vir leerlingraad. Bo en behalwe die sagtebal doen jy redenaars kompetisies en dan is jy nog ‘n skrywer vir jou skoolkoerant ook. So, jou prysuitdeling lê nog voor.

Sussie Chey (11) se program is so besig soos ‘n groentemark in Indië nie kan wees nie. Jy speel netbal. Jy doen akrobaat. Hulle het hierdie jaar weer revue, en jy neem deel aan  lyricals (ek weet nou nog nie wat dit is nie, want ek kon nog nooit een bywoon nie) en word jy elke keer gekies vir redenaarskompetisies. Elf jaar oud. En boonop is die hel los as jy onder 80 vir enige vak het.So behalwe vir al die na-uurse aktiwiteite soos die revue optredes wat vir Kyknet opgeneem word en die deelname aan die Pretoria Youth Festival,waarin jy deelneeem, kom die prysuitdelings. Maar jy is elf, en het ‘n maagseer.

Niggie Lisa is nou 5. Jy het nie nog vreeslike aktiwiteite nie, maar daar is n konsert. Jy neem hart en siel daaraan deel. En daar is ‘n Oupa en Oumadag. Wat hierdie ouma nie kan bywoon nie. Nog nooit gedoen het nie, want sy word nie regtig ooit na dit uitgenooi nie. Dis altyd net ouma Mariaan en Ouma Letjie. Solank jy net weet dat Oupa Gertjie se hart brand om uitgenooi te word, maar helaas. Dit gebeur nie, en ek weet nie of dit ooit sal gebeur nie,

Jordan(7) en Caleb (7) is nou in graad 1 en 2 onderskeidelik. Julle het nie hierdie jaar enige konserte of revues nie, maar wel prysuitdelings. Caleb, Ouma kon darem twee van jou bulletjie rugby wedstryde sien, net omdat dit op ‘n Saterdag was. Liewe ou Jordy, jy stel glad nie belang in sport nie. Eintlik weet ek nog glad nie wat jou interesseer nie. Wat my bekommerd maak.

Lea (3) in die Franse skool het hierdie jaar konsert. Jy speel ‘n hoofrolletjie. Ons moet Sandton toe vir daai een. In die aand. Op ‘n Donderdag. Dit begin ses uur. Ons is seker die enigste Ouma en Oupa wat van Pretoria af moet ry. Ons gaan dalk net betyds wees om te sien as die laaste kinders die finale item doen. Die verkeer tussen Pretoria en Johannesburg daardie tyd van die aand is om die minste daarvan te sê, ‘n riller! Maar ons gaan ons bes probeer.

Caylin (3) is in die begin van die jaar in n pre-primere skool geplaas.Vanaand was die konsert saam met Jakkie Louw. Ek was darem daar. Ek kon my verstom aan daai klein lyfie wat so saamwikkel op “Drie pikkewyne”.Vrydag is dit ouma en oupa piekniekdag. Skuus my kind, ouma kan nie daar wees nie. Oupa moet alleen gaan.

Daar is nog drie babas….dit gaan darem nog ‘n rukkie wees voor Christo (9maande), Bernard (21 dae) en Jaelin (14 dae) my sal uitnooi. Teen daardie tyd sal ek hopelik ook al afgetree het.

So wens ek dat ek al hierdie goed geweet het toe ek besluit het om ‘n ma te word. My ouers was nie by een van my skoolkore of opvoerings nie so ek het myself voorgeneem dat ek ďit nie aan my bloedjies sal doen nie.

En nou is ek ouma van 10  en van September af begin die bedrywighede onder mens se hand uitrol.

Ek bedank dan as ouma tot na Kersfees. Ek verlaat julle nie heeltemal nie. Ek kan net nie alles bywoon nie. Want sien, ander oumas en oupas het is regte oupas en oumas en het meer tyd. Hierdie Ouma het nie ‘n keuse nie. Sy moet nog werk. Want as sy nie werk nie….ja, wat. Kom ons los dit daar.

Glo my vry…julle is elkeen so kosbaar en dierbaar vir my. En ek hoop julle verstaan. Maar ek kan nie help om te dink dat die woorde  “Ouma R kom tog in elk geval nooit na iets van my toe nie” nog ‘n paar keer deur een of dalk almal van julle, gesê gaan word nie.

Ek belowe om in Januarie weer te begin. Weer te probeer om by te hou met julle lewens. Wie weet, dalk wen ek die lotto (as ek dit eendag speel) en dan kan ek julle rondrits van punt A na punt B.

So al tien van julle lê in my hart wat opgedeel is in 10 ewe groot blokkies.

En ek is jammer ek is nie ‘n regte, egte ouma nie. Ek wou dit wees. Bittergraag. Het dit n die begin reggekry. Tot die dag wat ek nie meer ‘n keuse gehad het nie.

Vir nou bly ek Ouma op papier.

Ek is so jammer.

 

Advertisements

11 comments

    • Hester…en ek is doodeerlik..ej is nie die nanny granny nie. Dis dalk n coping mechanism masr ek is nie n ouma wat 24/7 by elkeen betrokke kan wees nie..hulle is net te veel….

      Liked by 2 people

      • Ons is die beste oumas wat ons kan wees…as die kinders redenaars toesprake moet skryf dan moet Ouma Skryf help….dis wat ek bydra. En ek sal na hulle kyk as dit nodig is. En as hulle by my kuier gee ek my volle aandag net aan hulle. Sal saam met hulle op die vloer rondkruip en in die bosse wegkruip en wat ook al, maar dis dit. Geen ouma skiet tekort nie. Dis wat oumas en oupas so uniek maak.

        Liked by 2 people

  1. Jy weet ten minste is jy reik afstand, dink aan al die oumas en oupas wat kleinkinders oorsee het. Ons kan nie eers help met n redenaars toespraak skryf nie. Jy is genoeg, want jy is daar. Moet jou sê, met tien kleinkinders sou ek nooit kon byhou nie.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s