“Plummeting”

download

plummet

verb [ I ]

UK  /ˈplʌm.ɪt/ US  /ˈplʌm.ɪt/

to fall very quickly and suddenly:

Dis hoe my lewe nou is. In plaas van opgewonde planne maak vir die reis Skotland toe, is die alledaagse lewens van my kinders besig om teen die spoed van wit lig te “plummet” of in goeie boere afrikaans…neer te donder (Ekskuus, ek praat as ‘n reël nie eintlik so nie, maar ek kry nie ‘n besadige afrikaanse woord wat dit kan beskryf nie.)

My seun het opgegee. Hy het opgegee op die lewe, op voorbestaan, op sy kind, op sy vrou, op sy toekoms. Die man wat Saterdag oggend sy kind by my afgelaai het, is die grootste vreemdeling vir my. Daar is ‘n spreekwoord wat sê dat iemand nie sleg grootgeword het nie, maar groot sleg geword het. Ek sien dit en dit slaan my asem weg. Ek is so stom, so seer en so wanhopig want ek weet nie wat kan hier red nie. En ek sit op die wal van die vulkaan en wag dat my kind se asse die lug inskiet. En ek is so flippin magteloos. Hy luister nie, hy praat nie. Plummet

Sy dogtertjie is vreemd vir my. My Jakarandakind is besig om te verander in ‘n manipuleerder van formaat. Die skok toe ek op ‘n stadium moes terug tree en mooi kyk na wat besig is om te gebeur, is so erg dat ek voel my hart kramp fisies. Ek kry nie asem nie. Die Oom hou kop en laat my asemhaal in ‘n papiersak.

Die Prediker se meedoënlose woorde herhaal in my kop. “Tevergeefs, alles tevergeefs” Agt jaar se bid en vra dat haar gees beskerm sal word teen dit wat haar ouers se lewens vernietig, was tevergeefs. Die patroon is geskep. Plummet, plummet….

Vanmiddag kry ek ‘n boodskap. ‘n Waarskuwing. Glimlagkind (wat laaaannnkal nie meer glimlag nie) het haar besluit gemaak. Sy gaan nog in die week haar Pa kom inlig dat sy nie meer wil voortgaan met haar huwelik nie. Plummet, plummet, plummet…….

Want dis nie net ek wat plummet nie…..

Daar is nie winde wat mens slaat sweef nie. Daar is ‘n woedende blaas wat my afdruk aarde toe.

Please help me! I am falling…..

Advertisements

13 comments

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s