My “Kuns” blootgestel

Ek sit nog in my pajakkies as iemand teen my groen deur hamer. Verbaas kyk ek na die elegante vrou met haar cream vloeiende rok en hoë hak skoene, Lang blonde hare en bloedrooi lippe (en naels!) Lorenzo staan langs haar en lyk soos ‘n kat wat room gepatenteer het.

“Woordnoot, this is Jinay (short for Genenevieve) Fevrier. She is from France. She helps with exhibit.” Woerts, weg is hy en ek en Jinay is alleen op die stoepie. Sy beweeg eerste en stap sommer net in. Ek wil my eers vererg, maar onthou toe dat ek die hele nag wakker gelê het en gewonder het oor hierdie idee van Lorenzo. Ek het opgewonde begin voel maar het ook besef dat ek nie die kuns boffin is nie. Ek gaan versterkings moet inkry, en sowaar! Hier is iemand. Sy stap deur my huisie.

“Thiz one. Thiz one too. That one. Let’s take theez also.” En sy haal links en regs af en tel op. Dis nie kunswerke nie! Dis my goed. Die goed wat my oog vang en waarvan ek hou! Dis GLAD NIE kunsuitstalling materiaal nie! En ek sê dit ook vir haar.

“Beauty liez in the eye of the beholder,” snip sy terug. Flippit, dis reeds daai een wat my bekommerd het, want ‘beauty’ vir my verskil van ‘beauty’ by die volgende persoon. Maar ‘n paar ure later, staan my “kuns” uitgestal in die park…op die opgejazzde groen gras waar die sirkus afgebrand het. Omdat die uitstalling nog nie amptelik ge-open het nie, mag ek nie die uitstalling wys nie. Maar ek het darem al vantevore my beskeie goedjies afgeneem so ek kan die fotos vir julle wys. Ongelukkig is die fotos nie so duidelik nie, maar ek is seker julle sal die idee kry.

Ek is dol oor Niek van Rensburg. Dis eintlik nie skilderye nie, eerder prentjies maar die kleur en temas van sy werk doen dit vir my. My vriendin het ‘n galery in Wellington gehad en ek kon twee by haar koop teen billike pryse. As ek so hartseer en depressief raak, hou ek daarvan om daarna te kyk. Dit laat my baie dink aan die huisie op Plooysburg waar ek Desember soveel vrede ervaar het.

 

Dieselfde vriendin se man het die jaar na my aptekersman se afsterwe, vir my hierdie stuk gegee as ‘n geskenk. Dit was een van sy eerste rame wat hy gemaak het. Hy het later al Venessa se skilderye se raamwerk gedoen. Hy was nie baie sensitief ingestel nie, maar sy woorde was dat hy dink dat ek soos hierdie vrou heeldag musiek sou maak as ek kon, musiek vir die Meester. En hy was reg. Ek sou so graag wou leer om ordentlik musiek te maak op enige instrument….

img_20190828_0806081137789084.jpg

Jinay het hierdie ongeraamde een ook uitgeruk. En my goed die kop gewas omdat dit nog in die kas lê en nie geraam is nie. Dit help nie ek probeer vir haar verduidelik dat geld vir sulke luukses al lankal nie meer bestaan nie. Hierdie is speisaal vir my gemaak deur ‘n familielid van Upington. Die deur is van ‘n huisie wat in Delareyville verlate staan. Ek sou tog graag dit een wou raam. Die eenvoud hiervan is vir my so mooi.

img_20190828_080858802252381.jpg

In die gang steek sy vas, en haal die enetjie uit. Ek begin lag. “This is not real art! This is just something my daughter made when she was nine!” Ek sal maar liewer nie sê watse kyk ek gekry het nie. Dit moet opsluit ook uitstalling toe! Ek dog dis ‘n kunsuitstalling? Maar ek sê liewer niks. Ek dink hierdie mooi Franse vrou sal hard klap!

img_20190828_0804031004136998.jpg

Die laaste skildery wat sy afhaal, laat my trane in my oë kry. Want hierdie ene is superspesiaal vir my. Vir nou. In November nooi ek van die ander Towerinne om my partytjie by te woon en Bondels (wat my nog nooit gesien het nie) maak hierdie ene vir my. Eers sien ek net die deur, maar toe sien ek die fiets. Die fiets simboliseer reis. Iets wat my geheime smagting is vandat ek die eerste Ettie Bierman boek gelees het. En nou bykans ‘n jaar later, gaan ek op my eerste reis. My liewe Bondels….

img_20190828_080950480452225.jpg

In my badkamer haal sy die volgende voorwerp van die muur af. Ja, dit was vir my mooi. Die manier waarop baie skulpies in hierdie hart vorm ingeryg is, het met my gepraat. Harte is spesiaal…hierdie een is die bewys daarvan.

img_20190828_0804471616070593.jpg

In 2005 is ons in Upington en ‘n jongerige man stal hierdie op die straat uit. Die liefde waarmee hy hierdie aanmekaar gesit het en die prentjie uitbeeld, het my hart gegryp En ek het een gekoop. Dis waarskynlik die verste verwyder van kuns, but beauty lies in the eye of the beholder? Of dan nie? En dit het hierdie man tyd geneem om alles so na as moontlik aan die ware jakob te hou.

img_20190828_0807121904399125.jpg

Laaste, maar nie die minste nie…vat Jinay my ander verjaarsdag geskenk in haar hand. My tone krul lekker toe sy dit bekyk, want met hierdie ene weet ek gaan sy nog ‘n hele paar oomblikke hê! Hierdie ene het ‘n maatjie wat nog moet kom, maar vir nou is hy alleen. Maar nie meer vir lank nie!

img_20190828_0808041851945807.jpg

Daar is nog goete teen my mure en op my kaste, maar Jinay volstaan met dit wat Lorenzo en sy span hier uitgedra het.

Sy trippel op haar hoë hakke (wat nie wegsink in die gras nie, dis mos plêstiek!!) heen en weer, skuif hier reg, draai daar iets en dan klap sy opgewonde haar hande.

“Ze exhibition eez open”

Hierdie is ‘n denkbeeldige kunsuitstalling en al die Towerinne word genooi om Jinay se hulp te gebruik met hulle kuns uitstallings.

Plak jou storie aan by:

https://fresh.inlinkz.com/p/ea9c1f40af104092b8ababac55311c85

Advertisements

22 comments

  1. Waar is jy oppad heen met ‘n fiets. Êrens het ek uit die giggelgroenbus geval want ek verstaan nie wat hier aangaan nie. Jy het mooi goed…. ek het basies alles mee weggedoen toe ons so moes afskaal dat ons in die voëlnes kan pas.

    Like

    • Fietse simboliseer reis..en as alles reg verloop en die finansies werk uit gaan ek oktober skotland toe..my 1e reis buitelands…..hou duime vas die visa word toegestaan….😎

      Liked by 1 person

      • Sjoe dis iets om na uit te sien. Gaan jy by jouself? Dit klink of Bondels iets daarmee te doen het. Ek dink nie julle verskein in die reader nie… en ek volg jou. Niks van hierdie skrywes het ek daar gesien nie.

        Like

      • Bondels het die skildery gemaak met soliede deur en die fiets….nog voor sy my ontmoet het…..ek sal bietjie gaan kyk hoekom dit nie in die reader wys nie…..🤔

        Like

      • Ek het nou weer gaan kyk en ewe skielik is jou blogs in die teader. Dit was definitief nie vroeër faar nie want ek het al die blogs gelees en tot vreemdes s’n gelees omdat ek lus was vir lees. Lekker slaap!!!

        Like

      • Lol…hierdie tegnologie maak my soms gedaan…jy ook. My kleindogter slaap by my vanaand so lekker slaap is my nie beskore want ek slaap altyd onrustig as sy by my slaap…sy woel baie.

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s