Kuns op Rebusfontein

outdoor-art-exhibit-in-santa-barbara-california-CR3N2TDie lewe hier op Rebusfontein het gekalmeer. As mens die straatjie afstap, is elke ou viervoeter besig met sy of haar eie ding. Die katte lê omtrent almal iewers in ‘n sonkol. Die honde hond rond op die werfies en selfs die geveerde vriende is tjoepstil. Rebusfontein is weer salig, vredig, rustig.

Ek en Liefkat stap so met die paadjie af. Daar waar die sirkus gestaan het. is nou ‘n lelike swart kol. Dit skree ten hemele. Ai toggie. Iets sal moet gebeur om hierdie onooglike merk te verdoesel, maar wat? Liefkat miaau net saggies as sy sien dat die trane uit my oë begin rol. Sy weet al dat hier nou weer ‘n tranetrekker oppad is.  Ons loop Lorenzo raak. Hy is besig om die swart verbrande oorblyfsels op ‘n bakkie te laai. Ek vra vir hom waar hy dit gaan weggooi. Hy klik sy tong verergd.

“Me drive until road ends. Me look for empty place. Me dump.” Liefkat snork so liggies. “Hy bly nou al so lank hier, waneer gaan hy Afrikaans leer praat?” sis sy tussen daai twee klein saampgeperste lippies deur. Ek gee haar so ligte skoppie, net sodat sy moet verstaan dat Lorenzo ons eintlik ‘n hengse guns bewys. Anders kan ons Towerinne met ‘n volgende kuier nie lekker ontspan nie, ons sal dit moet doen. Sy wip haar stert en swaai om. Stap kop en stert in die lug daar weg. Ek loop maar agterna, huis toe. Ewe druipstert.

Die volgende oggend is dit babelse verwarring soos al wat ‘n Rebusbrak  aan die blaf gaan. Ek gaan kyk waarom hulle so kattemaai. Die swart kol is nog swart, maar die grond is gelyk. Lorenzo en ‘n paar ander Adonisse is besig om plastiekgras bo oor die swart kol te plaas. As mens so van ver kyk sien jy nie eers die verskil nie! Maar dis ‘n bedrywigehid van ‘n ander wêreld.

“Eish…”sê ek terwyl ek dit so kyk.

“No ice!” Lorenzo praat so skielik agter my, ek wip sommer. “Me know some words. No ice..art. You invite the woman to art exhibition. We built, you exhibit!” En hy drafstap weg om sy makkers te gaan help om esels vir skilderye op te slaan, pilare vir beeldhouwerke reg te skuif.

Ek kreun. Wat weet ek van “art”. Ek weet waarvan ek hou. Wat vir my mooi is, maar is dit regtig ART?? Lorenzo wys so van anderkant die nuwe plastiek kol af dat ek moet loop. Iets in sy lyftaal sê vir my ek sal dit maar moet doen. Ek meen, as ek sien met hoeveel ywer en entoesiasme hulle hierdie “kunsgalery” regmaak, moet ons Towerinne maar net inklim en “exhibit!”

Hopelik sal dit nie met maroelas gespuit word nie, of aan die brand slaan nie!

Hierdie is ‘n denkbeeldige kunsuitstalling en elke Towerin word gedaag om haar unieke kuns (hetsy self gemaak of sommer net self gelief) te kom uitstal!

Die In-linkz skakel is: https://fresh.inlinkz.com/p/ea9c1f40af104092b8ababac55311c85

 

 

 

Advertisements

14 comments

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s