3 Sekondes Dankie sê 29 Augustus

Jippie jippie jaai jaai!!!!

img_20190828_0848551304441070.jpg

Dis amptelik! Ek gaan rerig rerig Skotland toe! (Dis nou te sê as my visum goedgekeur word!!!)

Vrydag middag 15h00 is dit ek en die visakantoor. Dan moet ek my hele ou pedigree gaan blootlê, en dit om vir tien dae in Skotland te gaan kuier.

Gisteraand doen ek aanlyn aansoek vir my visum. En gee sommer dadelik moed op. Ag nee, hoor! Ek wil nie daar gaan bly nie! Is al hierdie vrae en dokumente regtig nodig. Tipies Boogskutter maak ek sommer die webblad toe en blaas my bek op. Die Oom wil weet wat aangaan en ek is soos ‘n driejarige wie se lollie in die sand geval het. Ek is nie lus nie, dis onnodig. Ek weet nie eers of ek regtig wil gaan nie….flippin stout kind se moses!

Maar die Leeu Oom is kwaai. Onder sy dreigende aansporing, voltooi ek maar die ellendige aansoek, dit terwyl ek seker tien keer my sus moet bel en hoor wat is wat. Half tien gisteraand is my aansoek in, betaal en my afspraak vir my “biometrics” (waddehel..met permissie aan Hester…is biometrics?) is gemaak.

Tussendeur kom al die wats en wat nie’s. Moenie dit en pasop vir dat…eish. …

So…AS alles goed verloop en ek die visa toets slaag…vlieg ek Skotland toe op die 4e Oktober….gelukkig is dit nog lank voor die tyd.

Of is dit?

Advertisements

11 comments

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s