3 Sekondes dankie sê 28 Augustus

Mens is van niks meer seker nie…..

Hierdie feit het’n groot waarheid geword. Vandag se blog kom uit die diepste diep uit. Ek moet dit skryf, want ek moet dit “face”. Vergewe my asseblief.

Toe my dogter onbepland swanger raak, was ek hewig ontsteld. Woedend. Want sy is immers nie meer ‘n tiener nie. Wat het sy gedink? Aangeneem dat haar endemetriose so erg is dat sy nooit swanger sal raak nie? Wel, volgens die ginekoloog was hierdie swangerskap eintlik op sigself ‘n wonderwerk. Maar dis nie wat ek wou hoor nie. My ma brein en hart het vooruit gehardloop en ek het al die probleme raakgesien. En dit soos ‘n rolprent in my kop oor en oor vir myself gespeel. Al die probleme wat voorlê. Die feit dat sy nie meer in ‘n verhouding was nie. Sy sou alleen hierdie kind moes versorg. En dit was vir my die grootste probleem.

Nadat sy sewe jaar gelede geskei is en vrywillig haar klein seuntjie by sy pappa laat bly het omdat die omstandighede en finansies net meer seker was, het my kind haar doel om te lewe, verloor. Terwyl sy by my gebly het, moes ek meer as een aand my valstande vasbyt om nie met haar in ‘n bekgeveg betrokke te raak nie. Want nadat sy die skottelgoed gewas het, het sy op haar bed gaan lê en was sy die hele aand op haar selfoon. Doelloos. Rigtingloos. Toe sy dus vir my sê dat sy ‘n aborsie oorweeg, was ek te vuisvoos om teë te praat. Buitendien is sy ongelooflik hardekop. Ek het nie geslaap nie. Die hele idee rondom dit was net so verkeerd. Maar wat dit  erger gemaak is, is die feit dat daar tye was wat ek dit geregverdig het, net om die volgende oomblik vir myself woedend te wees omdat ek net die gedagte toegelaat het. Toe sy aanmeld by die kliniek, kan geen sonar die baba opspoor nie. Sy is weg. Die prosedure word uitgestel, maar in daardie week kom sy tot die slotsom dat sy die baba wil hou. Ek haat myself vir die gemengde gevoelens. Maar baie diep in my hart is ek bly sy doen dit nie. Ek weet dat die selfverwyt verder aan genoeg is om mens dood te maak. En ek besluit om die Een wat haar asem gegee het, te vertrou vir haar lewe se loop.

Ons pienkvoetjie is Vrydag 23 Aug gebore. Volmaak. Vegtertjie. Sterke dogtertjie. En sy het my klaar in haar sak. Is dat dalk skuldgevoelens? Omdat ek op ‘n stadium gehoop het sy word eerder nie gebore nie? Ek weet nog nie. Ek moet nog al hierdie goete in my hart en kop uitwerk.

Sy is vier weke te vroeg gebore, maar gaan vandag huis toe. En my dogter het skielik ‘n ander kyk in haar oë. Ek sien in haar houding en lyftaal die lewe het terug gekom. Sy is skielik doelgerig. Dis asof ek ‘n metamorfose van ‘n vlinder dophou.

Ek was seker my kind was gedoem tot ‘n bestaan van net mamma wees elke tweede naweek. Jaelin het die prentjie kom verander.

En dis die rede dat mens nie meer seker is nie….want my prentjie en die groter prentjie was van die begin af twee verskillende prentjies.

img-20190827-wa00091147068464.jpg

Advertisements

15 comments

    • Dis die waarheid, en dis wat die hele ding van die begin af so moeilik gemaak het want mens weet dis so beplan, maar in ons kort mense begrip lyk dit so verkeerd…dan is dit eintlik so reg.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s