Keuses…o, Keuses!!

Ek het lanklaas soveel opgewondenheid ervaar by die Towerinne, soos die komende sirkus saam met Una! O, en die rokke. Die een wil mooier wees as die ander!

As mens met Rebusfontein se straatjie afstap, ruik jy die badsout. Die parfuum. Die haarspray. Daar is so iets in die lug! Selfs die vierpotige Rebusfonteiners is opgewonde. Danie pronk behoorlik rond, want sien, dis sy mensvriendin wat al die opgewondenheid veroorsaak. Soms raak hy knorrig, as dit lyk of enige ander vierpoot vriend te naby Una kom. Hy raak regtig besitlik oor haar, maar dis sy goeie reg! Ek ek sien hy word ook opgedress!

images (21)

Ek is op Superbalist, Spree, Eulily en al wat ‘n winkelwebwerf is. En ek moes al ‘n paar rokke terugstuur. Die donker groene was mooi op die prentjie, maar ai, toe ek hom aantrek lyk ek soos ‘n boom wat onderstebo geplant is. Dun bo en moerske groot vanaf die heupe af onder toe! O wee, dit sal nie deug nie. Maar die kleur! O wee, daai kleur was so reg.

Vanoggend laai die koerier hierdie rok af. Ek is dadelik verlief op die kleur. Nou,die ding is om hierdie ou lyf in daardie gewaad te kry. Ek trek dit oor my skouers en hou my asem so op dat ek skielik voel die wêreld draai nou bietjie. O jinne, ek moet seker my asem uitblaas! Die rok val oor my lyf. Ek draai stadig om na die spiëel, en bars in trane uit! Nog nooit het ek so mooi rok aangehad nie, en nog nooit het ek so mooi gevoel nie! Whoopee!!!

 

Image result for green ball gowns

En die masker wat daarmee saamgaan. Saam met die skoene! Ja, ek weet ek sal geen dans met hierdie hakke kan doen nie, maar ek het ‘n plan!

download (3)                       download (4)

Hierdie is spesiaal vir die dans!

boots

Hannon het die pad gevat maar moenie bekommer nie! Ek het mos ‘n dogter wat ‘n baie bekende grimeerkunstenaar is! Ek bel haar dadelik en voor jy kon sê mes, is sy daar met al haar tassies en kwassies. Sy maak met elke Towerin ‘n afspraak en kort voor lank is almal getooi vir hierdie aand!

images (22)

Ek bekyk al die Towerinne wat uitgedos is….elkeen is pragtig, uniek! Selfs die van ons wat nooit sulke gewade in die normale lewe sal dra nie, lyk asemrowend! Al die Towerinne het hier ingespring en osn het soos matrieks met ‘n matriek afskeid, tekere gegaan.! O, dit is groot pret!

Hierdie is natuurlik alles net groot speel, maar dis ‘n baie lekker speletjie!

Lees al die ander prettige blogs op https://fresh.inlinkz.com/party/556868f82eae403d9143258e74ee97b1

Advertisements

26 comments

    • EK sien die rok is lekker lank…die stewels is baie bling..oorweeg om eerder die stewels aante trek en aan te hou. As ek op daai polfaais bly is ek te geshot om die party te geniet!

      Like

  1. Pragtig, sag en vroulik. Dankie tog vir jou dogter gewonder hoe gaan ek hierdie pofoë na iets laat lyk. Ooooo kannie wag vir ons optrede nie. En dan natuurlik om Una te sien perform!!!

    Like

  2. Aangesien jy blykbaar die een is wat datums by ons vertoningsaand gesit het is ons veronderstel om tot dan te wag om van ons opvoering te vertel of kan ons maar wegval en vertel?

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s