3 Sekondes dankie sê 16 Augustus

IMG-20190607-WA0014.jpg

My sus en haar man April in Skotland. Voor haar seun se huis. Hulle het gaan kuier en teruggekom en besluit dat dit tyd is om wortels uit te trek en naby die kinders te gaan bly. Haar oudste seun woon al 8 jaar in London, en die jongste een se kop staan ook daardie kant toe. Die plan was om volgende jaar hierdie tyd te gaan, maar nou is Brexit die probleem.

My sus, haar kinders en haar tweede man het almal Italiaanse burgerskap. Groot Oupa het doerie tyd geweier om Suid Afrikaans burgerskap te aanvaar en vandag is hulle in die gelukkige situasie dat hulle daardie voordeel het. Maar op 31 Oktober verander die prentjie mos in Engeland. Of Brexit voortgaan of nie, my sus moet voor 31 Oktober in Skotland wees om permanent soontoe te gaan. Ek verstaan nie al die prosedures nie, net dat sy ten minste ‘n tyd lank daar moet bly. Dan kan sy weer terugkom en alles hier kom opwrap.

Ons praat gister daaroor en op een of ander wyse begin die plan vorm aanneem dat ek saam met haar gaan. Ek het twee weke verlof. Dit was gister so ‘n vae droom. Vanoggend raak dit werklikheid. Sy het besluit ek gaan saam. Nou is dit vinnig speel om my paspoort te kry. En natuurlik is die grootste uitdaging maar fondse, maar om een of ander rede is ek nie gepla oor dit nie.

Dankie dat ek vandag kan glo en vertrou dat hierdie droom sal uitwerk. Dis my grootste begeerte om te reis, maar tot op hede kon dit nog nooit gerealiseer nie. Dankie dat hierdie die begin sal wees van daardie droom. Dankie dat alle struikelblokke vinnig uit die weg geruim sal word.

Dankie vir die vlammetjie van opgewondenheid wat my laat lus raak om te lewe. Dankie vir genade onbeskryflik groot.

Advertisements

19 comments

    • Ai Abrie…ek bid ook so hoor!!! Dis abslouut ‘n geloofsakie die, veral as jy na die uitruilkoers kyk! Dan is dit eintlik ‘n sak en as gebedsaak!!

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s