TOETETOETOE! TOETETOTOE!!!
HIER VOLG ‘N NOODBERIG!!!!
DAAR WORD GESOEK NA ‘N FOTOGRAAF WAT SOOS IN DADELIK REBUSFONTEIN TOE MOET GAAN OM FOTOS VAN UNA SE BEENHARE TE NEEM! MR BARNUM VAN DIE SIRKUS WAG DAARVOOR! DIT IS UITERS DRINGEND!
AS JY ‘N KAMERA HET EN GOU WIL RYK WORD, MELD ASSEBLIEF AAN IN REBUSFONTEIN.
UNA, KAMEEL, BONDELS EN EK IS REEDS DAAR!!!!
Ek het toe maar gou by Rebusfontein opgedaag en fotos geneem. Hoop dis oukei.
LikeLiked by 2 people
Dankie dat jy vir my ingestaan het,Hester! My kamera het geval en is tans in vir regmaak.
LikeLiked by 2 people
Dis ‘n plesier Bytjie. Ek hoop jou kamera is een van die dae weer reg vir Rebussports.
LikeLiked by 2 people
Ek wil net sê dat ek op pad is Rebusfontein toe om hierdie petalje te aanskou, maar ek het net ‘n selfountjie, ek dink julle wil ‘n propperste fotograaf hê, nie ‘n mik-en-drukker soos ek nie.
LikeLiked by 1 person
Toorts ek is so bly jy is oppad. Gedink as Mnr Barnum opdaag sal hy onthaal moet word en niemand kan dit beter doen as jy nie. So begin asseblief dink!!!
LikeLiked by 1 person
Ai toggie, ek hoop hy eet VLEIS! En dat hy sal hou van spinasietert en Tiramisu!
LikeLiked by 1 person
Toorts nee wag met daardie tert en Toramisu!!! Jy wil die man by sy volle positiewe hê wanneer daar besigheid gepraat word. Onthou jy is nou die agent en moet kophou. Ons wil almal op die soustrein klim. Ek wonder nou of die Towerinne nie almal ‘n rolletjie in sy sirkus kan speel nie. Kyk wat jy kan organize hmmmm 😊
LikeLike
Ek sal net nie weer die trapeze doen nie….ek het nie nou geld vir nuwe tanne nie!!! Maar ek kan Toorstie help kook!!
LikeLiked by 2 people
Jong Toorts is nou agent en baie besig. Sal goed wees as jy ogie oor kos hou… sy meng maklik goed in die kos wat chaos kan veroorsaak. Mnr Barnum moet reg behandel word… hierdie is ‘n kans van ‘n leeftyd. Dit sal jammer wees as jy nou nie ‘n rolletjie in die sirkus kry nie. Jy ken nie iemand wat vir jou tande sal leen nie?
LikeLiked by 1 person
Hahaha!!!! Kameel! Ek dink nie ek wil iemand anders se gebit leen nie….hahahaha….
LikeLiked by 1 person
Ek kan nie besluit wat ek wil doen nie. Wil ek help met die olifante, of wil ek eerder ‘n nar wees?
LikeLiked by 2 people
😂😂😂😂😂 ‘n Nar Toorts… ‘n nar. Jy laat my klaar lag!!!
LikeLiked by 2 people
Dis een ding om van self snaaks te wees, ‘n heel ander om jou snaaks te hou. Ek het gedink dat narre gewoonlik sulke lomp, lang mense is. Ek sal dit kan regkry.
LikeLiked by 1 person
Ja jy sal goed doen… en dan kan jy op daardie hout goed loop wat jou so lekker hoog lig. As jy jou balans verloor sal almal dink dis snaaks.
LikeLiked by 1 person
Ag dierbaarheid, ek sal nie eers daarop kan kom nie, wat nog te sê loop! Om die waarheid te sê, ek dink in die werklike lewe is die narre almal artieste, anders sou hulle nie daardie toertjies kon uitvoer nie.
LikeLiked by 3 people
Olifante!!! Kom ons bad die olifante!
LikeLiked by 1 person
Enige ding, ek is mal oor olifante. Maar narre mag mos ook olifante bad, of hoe?
LikeLike
Narre kan enige ding doen….hulle is after all die backbone van die sirkus!!!
LikeLiked by 1 person
Net so!
LikeLike
Hemel tog WoordNoot, val jy nou hier van ver links af uit met ń olifant gebaddery. Gebadtery?
LikeLike
Jong dis Toorts wat daai een begin het omdat sy nie weet of sy met die olliefante wil werk of n nar wil wees nie…toe gaan loop my kop nou weer n draai
LikeLike
😉😅😂
LikeLike
Kom Toortsie!!! Hier is ‘n spesiale werkie vir jou!!
LikeLiked by 1 person
Hard aan die werk om die klomp te ‘bestuur’! 🙂
LikeLiked by 1 person
Ek is te laat, wou mos eers werk!
LikeLike
Daar is nog werk…kom asseblief!
LikeLiked by 1 person
Ek is op my stok!
LikeLiked by 1 person
Het weet soos heks gelag vandag
LikeLiked by 1 person
Whagawhaga!
LikeLiked by 1 person
Dis goed as ons jou laat lag.😂
LikeLiked by 1 person
Ek is nou voorwaar mostert na die maal
LikeLiked by 1 person
Nee!! Onthou Toortsie het die reels ingestel vir die naweek..balrokke en maskers!!
LikeLike