Ek kan eers niks hoor wat Kameel sê nie. Sy is te opgewonde, maar ek hoor hoe sy iets drink en ek hoor daar is ander mense. Sy bedaar effens en kommandeer my op om dadelik vir Mr Barnum te bel. Dit laat al die rooi ligte aangaan, want hoe weet Kameel van my verbintenis met Mr Barnum? Het ek dalk te veel gepraat met een van die Rebus kuiers? Moet wees, want my geheim word nou aan die klok gehang. Ek vra vir Scrapy om haar vliegmasjien te leen en binne oomblikke is ek saam met Bondels, Una en Kameel in Rebusfontein. En al drie kyk na my. Una moet bekendgestel word en ek kan dit reël. Met Mr Barnum. Van die sirkus. “Toe, Woordnoot, bel hom!” Kameel is dierbaar. Ek meen, kyk al die pragtige blomme wat sy vir ons geplant het, maar onder daai mooi smile is ‘n tier!
“Voor ek met hom praat moet julle eers hoor hoe ek hom ken.” Al drie se oë is vol verwagting! Ons kan almal hier ‘n finansiële deurbraak kry!
“Okay, ek sal vertel. Dit was lank terug. Net voor huistoe gaan tyd het die hoof se stem oor die interkom gepraat. Al die matrieks met lang swart hare moet dadelik saal toe kom. Daar aangekom, is ons van kort na lank staangemaak en van ons langes was ons net drie. Die res is terug klas toe. Toe stap Mr Barnum in. Van die sirkus. En hy bekyk ons en toe ek weer sien, trek hy my aan die arm en daar gaan ons. Al wat ek kon uitmaak is ‘that the female artist broke her foot and the show must go on.’ By die sirkus aangekom, het ‘n vrou in gypsey klere my na ‘n karavaan toe gevat en daar moes ek ‘n stywe kostuum aantrek met baie sequins en blink kouse. My lang hare is in ‘n baie stywe bolla vasgemaak en toe begin daai tannie met die make-up. Ek het later nie geweet wie is die meisie in die spieël nie. Tussendeur kon ek uitmaak dat ek in gaan staan vir die vrou wat haar voet gebreek het. Ek hoef niks te doen nie. Haar maat doen al die werk. Ek moet net my lyf stokstyf hou en my oë toemaak. En hulle kan nie die show uitstel nie, “because the hoi-polloi of Brakpan, Benoni and Boksburg will attend the show!”
Ek het met moeite bo in daai tent gekom want ek ly eintlik in ‘n mate aan hoogtevrees. Die eerste swaai het goed gegaan. Dit was pret, maar met die tweede swaai kon ek voel hoe die naarheid opbou en toe daai man my weer swaai vir die derde keer, kon ek dit nie help nie. Ek het oorgekook, met ‘n boog. Reg bokant die burgermeester van Boksburg se vrou. Maar ek kon nie los en keer nie want dan het ek my doodgeval. Toe spoeg ek maar alles uit, insluitend my vals tande wat ek die vorige skoolvakansie gekry het. Dit het in mevrou Boksburg se beehive te lande gekom. Mr Barnum was gaaf. Volgens hom het ek talent gehad, maar met ‘n papbek sou ek nêrens kom nie. Ons het in kontak gebly, en nou het Kameel my in ‘n hoek!”
Ek bel hom. Hy is nog steeds die sirkus se ringmeester. Die sirkusse kry swaar en hy raak uitasem van opgewondenheid toe ek hom van Una se beenhare vertel! Vir tien minute moet ek luister hoe hy haar rich en famous gaan maak, maak hy sal seker maak dat ons almal ‘n cut kry. Maar ek moet dadelik fotos stuur. Sonder fotos, geen deal!
Ek kyk vir Kameel en Kameel kyk na Una (eintlik na die skatkis- haar bene) Una is stom geslaan. So naby en tog so ver! Dis Bondels wat ons uit ons stomheid uitlig!
Perdebytjie! Sy is ‘n fotograaf! Sy moet dadelik kom en die fotos neem! Una bars in trane uit en ek en Kameel dans ‘n riel!
“Mr Barnum! You got yourself a deal! The photos are on it’s way!”
Oukei….die gemoedere bedaar. Una gee met ‘n bewende hand haar selfoon want sy het al die inwonders se nommers.
Ek bel. Sy tel op. “Perdebytjie….jy kan skatryk word…is jy in?”
Tipies Rebusfontein raak dinge by die minuut lekkerder. 😁
LikeLike
O ja never a dull moment!!
LikeLike
Arme mev Boksburg!
LikeLike
Haha…arme vrou was nooit weer dieselfde..het sirkusse gehaat! Ek wonder hoekom?
LikeLiked by 1 person
Sies tog. Arme ding.
LikeLiked by 1 person
Vandag lag ek te veel!!!! Jou platbek foto is uniek… WoordNoot, en vermoed ek was ook by daardie sirkus vertoning, ons van Brakpan het sirkusse waardeer. Dankie. Dankie vir jou mededeelsaamheid, eens ek famous is sal ons almal se finansie heelwat beter lyk. En dit nou alles aan Rebusfontein te danke.
LikeLike
Ons bedank jou.. as jy nou nie so fluks aan daai beenhare gegroei het nie…..!!
LikeLike
Ek is stom….van wakker word op ‘n bank tot famous in die sirkus binne wat, 20 minute??? Dis ongelooflik. Una, hier word al jou drome waar en finansiele onafhanklikheid in een go!!! Whooohooo
LikeLike
Haha Bondels… Is dit nie fantasties nie😂😂
LikeLike
Janee die wonderwereld van Rebusfontein..
LikeLike
My lips are sealed!!
LikeLike
Jammer ek moes jou geheim nou so laat uitkom Woordnoot maar jy verstaan hoe nodig Una die regte publisiteit het. Dis nou jammer oor jou tande anders was jy ook bekend 😂😂😂😂
LikeLiked by 1 person
So terloops het jy Perdebytjie getag om deel te neem. Sy sê vanoggend op ons Fb groep sy is bietjie stil. As sy nie kan skryf nie vra ‘n ander fotograaf… hmmmm Hester?
LikeLike
Ek moet tot my skaamte erken ek weet nie hoe om te tag nie….
LikeLiked by 1 person
Perdebytjie lees nie op die oomblik gereeld nie. Ek het haar op my blog gesê van die fotos en sy moet net sê of sy nou kan skryf maar ek weet nie wanneer lees sy weer nie. Miskien kan Una haar persoonlik kontak.
LikeLike
[…] verwerf. Die Towerinne staan natuurlik gereed om op die soustrein te spring. Gaan kyk maar daar op Woordnoot se blog. Dis nou waar ek in die prentjie kom, want daar word nou woes gesoek na ‘n fotograaf […]
LikeLike
[…] Woordnoot: Una en mnr Barnum […]
LikeLike
Ek is ook in! Hoe kan ek help? Net nie was ek vleg nie asseblief!
LikeLike
Christa….bring asseblief van jou tee vir Una…en sommer vir ons ander ook wat nou spook en spartel om hierdie ‘kite’ te laat vlieg!!
LikeLiked by 1 person
Ek bring. Orange chocolate sal die ding doen. En Earl Grey, die passion ene.
LikeLike
Dit klink net soos die regte medisyne!
LikeLiked by 1 person
Inderdaad
LikeLike
Ek het nou so gelag!
LikeLike
Mmm…ek dink ‘n hele paar van ons het miltsteek opgedoen
LikeLiked by 1 person
[…] Woordnoot: Una en mnr Barnum […]
LikeLike
Una sal nooit weer dieselfde wees nie.
LikeLiked by 1 person
Ek het nou so lekker gelag vir jou tande en die oepsie op mev Burgemeester se beehive!! Ek sien al die prentjie…kostelik geskryf, Woordnoot!
LikeLike
Dankie vir die inloer Bytjie?!
LikeLiked by 1 person
Woordnoot, daai bekkie! Ek sit en inhaal, en lag dat die honde my skuins aankyk. Die beehive laat my aan Peter Sellers se ‘Party” fliek dink. Bwhahaha! Julle is kostelik!
LikeLike
Ag Vuurvliegie..ons is so bly jy lag saam net ons;!
LikeLike
Nou gelê soos ek lag! Eks eintlik bietjie jaloers, Una! Ek wou nog altyd vir n vakansiewerk by die sirkus gaan werk. En hier kry jy sommer n werk en gaan beroemd word!
LikeLiked by 1 person
Kyk nou net, hier word ń kits-ryk-beenhaarskema begin. Dalk kan jy dan vir Woordnoot nuwe tande koop Una. Die arme burgermeestersvrou, met happende hare hahahaha
LikeLike
Hahaha…happende hare voorwaar!!
LikeLike