3 Sekondes dankie sê 13 Augustus

Ek het geslip. Opgeslip. Het vir ‘n paar dae nie dankie gesê nie, want dit voel skielik of iemand die teëls onder my voete opgekap het.

Mens praat maklik. Dis iets wat in elke familie voorkom. Daardie ding van emigreer. Eers is dit net ‘n gedagte. Later word dit ‘n werklikheid en daai wete tref my nou.

Ek weet nie hoe dit my in die langtermyn sal raak nie. Ek weet nie eers of daar vir my ‘n langtermyn plan is nie, dit weet net my Vader. Ek gaan ‘n weeskind wees. ‘n Suid Afrikaner weeskind. Maar my sus se kinders woon almal doer in die verre Brittanje. Dis meer as verstaanbaar dat sy soontoe sal gaan. Gelukkig het sy haar man aan haar kant. Hy is net so braaf soos sy. Om op 60 ‘n nuwe lewe in n nuwe land te begin. Omdat hulle kan. Hulle het albei Italiaanse paspoorte.

Ek sê vandag dankie dat ek kan sien dat die vooruitsig om nader, baie nader, aan haar seuns te kan wees, weer my sus se oë laat blink. Ek hoor dit in haar stem as sy stadig maar seker begin beplan. Lysies maak van wat verkoop moet word. Hoe die huis gou reggemaak moet word want hy moet verkoop word. Hoe hulle saam met haar seuns begin beplan.

Dankie dat mense tweede kanse kry. Seën haar. En moet asseblief nie van my vergeet nie.

Advertisements

7 comments

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s