3 Sekondes dankie sê 9 Augusts

Ek ontmoet haar in 1979. My jeugliefde is haar broer. Ek is twee jaar ouer as hy. Dus is sy baie skepties oor my. Hulle arriveer Vrydag en ons ontmoet amptelik. Sondagmiddag ry sy terug Harrismith toe, as my nuwe vriendin.

Toe ons trou bly ons twee paartjies is Ladysmith. Ons raak saam swanger met ons seuns. Haar seun is drie weke ouer as myne. Ons kom goed oor die weg. Beleef heerlike tye. Ons trek almal Pretoria toe na Skoonpa se afsterwe. Eet ten minste een keer per week saam. Later werk ons saam. Sy is een van daai mense wat nie doekies omdraai nie. Ek en haar broer skei maar ons twee bly nog steeds vriendinne. Ons kuier nie noodwendig meer so baie saam nie maar dis een van daardie vriendskappe wat tyd oorleef. As ons bymekaar kom is dit asof ons mekaar gister gesien het. Die jare stap aan. En ons albei se lewens koers in sy eie rigting.

Sowat drie jaar gelede gebeur daar iets. My skoondogter het haarself via die internet as bipolêr gediagnoseer. O ja, en daarmee saam is sy ADD ook. Sy begin medikasie gebruik en raak heeltemal vreemd. Sy en my seun gaan kuier vir Kersfees by sy pa en skoondogter verdraai ‘n opmerking wat ek gemaak het so erg dat dit klink asof ek my eks as ‘n pedofiel sien. Wel….ek kan nie hier die hele situasie verduidelik nie maar ek kan wel sê dat dit so ver weg van die waarheid is. In hierdie selfde tyd het die daggaolie situasie ook plaasgevind.

Ek kom agter dat A my nie meer kontak nie. Ek kontak haar en vra of dit oor die daggaolie is dat sy nie meer met praat nie want dit was haar kleinsus met wie ek die onderonsie gehad het. Sy is woedend vir my en dit kom toe uit dat my skoondogter die pedofielstorie aan die hele eks familie vertel het. Wat daarna gevolg het is ook ‘n blog vir n ander tyd. Al wat ek vir haar gesê het is dat sy my so lank al ken. Ek kan nie glo dat sy sulke snert kan hoor en dadelik kan aanvaar dat ek skuldig is nie. Ek blok haar en skuif haar uit my lewe.

Verlede jaar toe ek my eie 60e partytjie hou, was ek hartseer omdat sy nie daar was nie. My dogter bel so twee weke terug. Oumagrootjie het vir die nuwe baba truitjies gebrei en sy het dit by A gaan haal. A wil my nommer hê. Kan sy dit maar vir A gee.

Gister het ek vir A en Oumagroot gaan kuier. Toe ek instap val al die jare weg. Asof ons mekaar laas naweek gesien het. Toe ek ry hou ons mekaar vas. Sy vra dat ek haar sal vergewe omdat sy haar ore uitgeleen het vir leuens. Natuurlik doen ek…ek het eintlik al lank terug dit gedoen.

Vandag op Vrouedag sê ek dankie vir versoening…en vir ‘n vriendin wat al 40 jaar in my lewe is. Dis ‘n groot genade!

Advertisements

2 comments

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s