3 Sekondes Dankie sê 8 Augustus

Soms kom daar uit die mees onverwagse oord iets op mens se pad wat jou hart warmer laat klop. So het dit dan gisteraand weer gebeur.

Ek saai weekliks op ‘n internet radiostasie ‘n program uit waarin ek gedigte voorlees. Die admin van die Facebook blad plaas weekliks temas as uitdagings. Daar is dus elke Woensdagaand spiksplinternuwe gedigte oor verskeie temas. Party van dit is goed, ander is uitstekend. Ek praat van ongeveer 25 tot 30 gedigte.

Een van ons gereelde bydraers is Paul Opdam. Hy woon in Nederland maar dig net so lekker saam in Afrikaans. Hy gebruik soms woorde wat vreemderig is en sy sinne is dalk bietjie agterstevoor, maar hy deins vir geen oomblik terug nie.

Hierdie week het ek nie tema gedigte gebruik nie. Baie digters plak hulle skrywes op die blad en dit handel oor enige iets, van liefde tot verbode vrugte. Soms maak ek ‘n Mengelmoes program. Een waar ek gedigte kies wat vir my mooi is, wat my hartsnare roer. Gisteraand was weer so aand en ek lees een van Paul se gedigte. Ek plaas gewoonlik die name van die gedigte en digters ook op daardie blad, sodat die mense kan sien wie se werk ek gaan voorlees. Gisteraand het ek om een of ander rede die mooiste Afrikaanse musiek gespeel. Ek het nie eens geweet ek het sulke mooi musiek nie!

Net na agt is die volgende boodskap op die blad: Baie dankie vir  jou radioprogram dit was fantastiese musiek en die gedigte van die digters was regtig puik. Dankie jy gee die digters ‘n kollig.

Dis van Paul af. Al die pad van Nederland af in sy korrekte Afrikaans.

Dankie Paul….dat jy saamgeluister het terwyl jy duisende kilometers weg is van ons af. Dat jy na die ander digters se gedigte geluister het. Dat jy tyd gemaak het om ‘n dankie te stuur. Dankie dat jy dit op die regte tyd gestuur het.

Dankie dat jy in Afrikaans dig!

Advertisements

5 comments

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s