Vandag se blogs is een van daardie waarop ek geen reaksie verwag nie. Christa het in haar blog vanoggend genoem dat hierdie die plek is waar mens soms diep dinge uitgooi. Soos jy jou handsak sal omdop as jy daai R5 soek wat jy los ingegooi het. In veiligheid. Soms dink ek mense sug en sê “whatever” maar dis ook reg.
In hierdie sekondes waar ek nou tik, voel dit of daar regtig niks is om voor dankie te sê nie. Dalk, teen die einde, sal daar iets opduik, maar nou is dit net swart en donker. Sê mens dankie vir 18 jaar, waarvan die laaste drie jaar so vinnig agteruitgegaan het, dat jy self nog nie kan glo dit gebeur nie? Sê mens dankie dat jy uiteindelik die moed bymekaar geskraap het om op die Property for rent te gaan kyk of jy ‘n plekkie sal kan huur, so op jou eie? Sê mens dankie dat jy ‘n begroting uitwerk en besef dat jy by hook or by crook, alleen sal oorleef? Sê mens dankie dat jou stresvlakke dalk sal daal en jy minder medikasie sal moet gebruik om net te bly leef?
Hoe sê mens dankie….in ‘n tyd waarin dit lyk of jou wêreld op sy kop staan. As jy besef dat kommunikasie onmoontlik geraak het, dat verwyte en ou koeie die hooftema van jou gesprekke is. As jy heeldag op jou hoede moet wees, elke woord moet tel, elke lyfbeweging moet monitor (want ons ken body language!). As jy goddank dankbaar is dat jou maat al half agt gaan slaap en jy tot middernag alleen is. As die tyd tussen die ontploffings nou verkort na elke drie weke.
Sê mens dankie? Of sê jy koebaai…….Al sou die vyeboom nie bot nie, nogtans sal ek jubel…my jubelsgesange is net fluisteringe. Maar ek sal probeer.
O ja…..dankie aan my sus wat my geseën het met ‘n dag, nag en oogroom. My vel is so gewoond aan handeroom, dit gaan voel of ek ‘n makeover gekry het.!
Sjoe, selfs in die donker, onseker is ons nie alleen nie en mag ons dankie fluister. Ek sit hier in my sielsplek en lees jou seer dankie. Ek kan niks vir jou verander nie, maar weet hier uit die Camdeboo kom ‘n stil gebed vir kalmte en regte besluite. Sterkte maat.
LikeLiked by 1 person
Dankie…daai Camdeboo gebedjie gaan dit doen….
LikeLike
Ek verstaan. ❤
LikeLike
❣️❣️
LikeLike
Ai, Woordnoot…ek het nie woorde nie…net ‘n drukkie spesiaal vir jou.
LikeLiked by 1 person
💟💟
LikeLiked by 1 person
Ek wil ook soos Kameel sê “Ek verstaan”. Beter as wat dit soms blyk uit my geselsies op my blog, want in my geval lê al hierdie dinge so ver in my verlede (behalwe die die leë bankrekening – dis nog hier), dat ek nooit daarna verwys nie. Net soms borrel die woede nog oor. Maar ek kry dit meesal reg om my nuutgeskepte lewe te waardeer en vreugde daaruit te put. Jy sal hierdeur kom, en sterker word. Glo my maar.
LikeLiked by 1 person
Ek doen…ek glo jou..dankie
LikeLiked by 1 person
Ons staan bankvas agter jou, onthou.
LikeLiked by 1 person
😥
LikeLike
Woordjies, jy het ‘n plek van veiligheid. Soos Una sê, ons staan saam met jou en bid vir jou. Xxx
LikeLiked by 1 person
Dankie liewe vriendin
LikeLike
Liefste Woordnoot, mag God jou styf vashou, regop hou. Dankie vi n Here vir wie ons dit mag vra. Sterkte, sterkte, sterkte.
LikeLike
Dankie liewe Toortsie….
LikeLiked by 1 person
Al wat ek kan sê is: sterkte sterkte! En doen alles in die geloof. God sal jou lei.
LikeLike
Geloof…dis net dit. Want hierdie is nie net sommer iets wat mens besluit nie…..
LikeLike
Toe is daar darem n lekker roompie om dankie voor te sê. Weet net jy is nie alleen nie al voel dit so. Die mens wik maar God beskik. Een ding kan ek vir jou sê: dit is beslis baie swaar om besluite te moet neem en om vas te staan by jou besluit. Ek het ook 27 jaar gelde besluit moes neem om myself as mens en vrouwees te beskerm. Op deie einde het alles tog in plek geval soos wat die Here dit beplan. Ek dink aan jou.
LikeLiked by 1 person
Dankie Scrapy….dit lê eintlik soos ‘n berg voor my…..maar ek vat dit regtig dag vir dag. Ander sal ek gek word.
LikeLiked by 1 person
Sterkte. Verstaan presies ❤
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy met ons deel en deel is van ons. 🙏🌻
LikeLiked by 1 person