Ek word vanoggend gekonfronteer met so baie seer wat in die lewe aangaan. Tussen my vriende, met my kinders. Die mense daar buite. My blogmaats. En ek het min om te sê, want my trane sit te vlak en die hartseer loop dalk deur my vingers na die toetsbord toe, en dan tik ek dalk net pyn uit.
Vir elkeen wat net vandag ‘n drukkie nodig het….hier is my drukkie vir jou
En vandag sê ek dankie vir liedjieskrywers, digters en almal wat in woorde hulle eie emosies en gevoelens kan uitruk vir ons om te lees, baie dankie….
Die wêreld sou pikswart en gitdonker gewees het as dit nie vir julle was nie.
Dankie, vanuit die diepte van ‘n baie seer hart.
So ongelooflik spesiaal.
LikeLiked by 1 person
Baie sterkte ek voel soms presies dieselfde 💖
LikeLike
❣💐
LikeLike
Baie sterkte, Ria.
LikeLiked by 1 person
So mooi. Met hartseer by. Sterkte
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLiked by 1 person
Krag na kruis ssl jy kry! Sterkte.
LikeLiked by 1 person