3 Sekondes Dankie sê 5 Augustus

Ek word sesuur wakker…migraine!! Drink dadelik medikasie en klim terug in die bed. Ek kan dit rek, die  klaar maak en werk toe ry as ek eers 8uur opstaan. Sekerlik sal die ergste binne twee ure oor wees.

Ek rek en rek en rek…..Vyf minute na 8 strompel ek onder die stort in, staan vir 10 minute onder die warm water. Ek stap twee minute voor 9 by die praktyk is. My kop is nog seer. Ek laat val alles. Kar sleutels, sonbril, die koppie koffie waarvoor ek nie eintlik lus is nie, maar ek wil ‘n beskuitjie eet. En ek is een van daardie simpel mense wie se traankliere baie nou saamwerk met hoe ek voel. Gelukkig breek die koppie nie, ek het dit gegryp, maar die hele vloer is bedek met koffie. Arme Christina, die skoonmakertjie, is dadelik by en sy was die vloer van kant tot kant!

My Baaskind is nie hier nie. Ek moet ‘n pasiënt bel en hom verwys na iemand toe wat wasverwydering uit sy oor kan doen. Die man bly protesteer en sê dat hy nie by die dokter was nie, maar ek sit met die briefie in my hand!

Later gaan ‘n liggie op en ek kyk weer na my dagboek waar ek sy afspraak ingeskryf het….en sien! Ek het die verkeerde persoon gebel. Berge val op my!

Dankie tog, en daarby ‘n groot dankie, dat die ontvanger van my oproep een van die Baaskind se ooms is….dankie dat ons lekker kon lag oor die blaps. Vandag meer as ander dae, is ek dankbaar vir gawe mense. Mense wat besef dat dit ‘n blou maandag kan wees vir ander. En wat kan lag daaroor.

 

 

Advertisements

4 comments

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s