3 Sekondes dankie sê 4 Augustus

Donderdag weier die hek mos om oop te maak. Die battery is skynbaar nog honderd persent. Alles wat kan losdraai of uitskroef, word getoets. Alles gebeur gelukkig terwyl ek by die werk is. Dis Sondag en die hek staak nog steeds. Skoonseun sê daar is nog een dingetjie wat getoets kan word. As dit nie werk nie moet ons maar die tegnikus laat kom. Eish…..dan sal ons maar vir die res van die maand daai hek met die hand oop en toe stoot.

Die Oom raak besig met die hek. Ek help met dit wat ek moet doen, maar nee. Dis nog steeds nie genoeg om die halstarrige staker elektronies aan die loop te kry nie. Die volgende oomblik word die woorde geuiter wat my laat gat skoonmaak….sorry, maar daar is GEEN ander manier om te beskryf hoe vinnig ek moet verdwyn as hy dit sê nie.

“Ek gaan gou self….”

Ek hol so vinnig badkamer toe en gryp in die hardloop my selfoon, bril en blokraaiselboek. Want ek weet nou al wat gaan gebeur as ek soos ‘n submissive wife gaan bly staan. Die Oom se geaardheid is bloedrooi. Ekke is grasgroen. Gereedskap gaan rondgegooi word terwyl allerhande “modifikasies” (sy woorde) gemaak word om wat ookal stukkend is weer te laat werk. En dis so goed jy steek ‘n lont aan. Want hy is kort van draad en vinnig van woord. En iewers staan dit mos dat een woord ‘n ander een roep?

Vandag sê ek baie dankie dat die liewe Vader aan elkeen verskillende talente uitgedeel het. Dankie dat almal hulle eie nering het. En dankie dat daar mense is wat meganies aangelê is. Vir wie elektroniese hekke ‘n stappie in die parkie is. Vandag is ek opreg dankbaar dat nie almal filosowe, mediese personeel of rekenaar geeks is nie, dat daar vir elke iets wat gemaak word, iemand is wat WEET hoe dit werk.

En bo dit alles sê ek dankie dat daai hulp net ‘n oproep ver is.

En dankie dat dit nog net 26 dae is voor die hek weer sal werk. Dit kon baie erger gewees het!

Advertisements

9 comments

  1. 😀 jou dankies laat my soms lekker lag. Ons het dit ook in gemeen – ongeduldige mans. Ek het myne jare gelede onder ‘n kar gelos en hy kon nie uitkom nie. Moes wag vir tjomme om te kom help. Ek was nie bereid om na daardie tirades te luister en dalk deur ‘n vlieënde spanner getref te word nie.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s