3 Sekondes dankie sê 3 Augustus

Vandag se dankie sê is tong in die kies en mag glad nie ernstig opgeneem word nie.

Dankie tog dat ons elkeen met ons eie smaak gebore is. Ons elkeen het ons eie idees oor wat vir ons mooi is.

Ons gaan twee nuwe babas in September kry. Die nuwe dogtertjie wat oppad is se mamma is glad nie n tema mamma nie. Op die stadium gaan sussie se babakamer elke tweede naweek gedeel moet word met ‘n elfjarige stiefsussie en ‘n agtjarige half broer. Dis nou maar hoe dit is. Die boetie wat oppad is, is egter ‘n perd van ‘n ander kleur….of liewers, ‘n kamer van ‘n ander kleur!

Die mure is grys. Soos die res van die huis. Die wiegie is grys. Nie liggrys. Grys. Die linne in die bedjie is groen, wit en? Ja!!! Grys!! Dit lyk eintlik mooi. Dis nou nie kleure wat ek vir ‘n babakamer sou gebruik het nie, maar dankie tog! Ons het almal ons eie smaak.

Maar bokant Boeta se bed hang witgeverfde koedoe horings met woorde onderaan geverf…hier word nie skapies getel nie maar koedoes. Pappa is ‘n ywerige jagter en hy maak seker dat Boeta van dag een af ook kennis neem van jag.

Ek wil amper jammer voel vir die klein mensie. Maar solank Boeta al sy vingers en toontjies het en alles reg funksioneer, maak dit nie saak hoe die res van die wêreld om hom lyk nie.

Ek hoop tog net vir Pappa se onthalwe dat Boeta in sy spore sal volg. Kan julle nou dink as hy dalk glad nie wil jag as hy eendag groot is nie? Dan het daar net een ding gebeur…die koedoes moes dalk maar eerder in die bos gebly het sodat Boeta kon skapies tel toe hy klein was.

Dankie tog dat kamers en versierings nie bepaal wie en wat ons is of gaan word nie!

13 comments

  1. Ja jy’s reg, omgewing is ‘n bysaak. My oudste seun het sy eerste jaar deurgebring met pienk ballerina gordyne en lappoppe. Ek was seker dat hy ‘n dogtertjie sou wees. Toe het ons nog ‘n seuntjie daarna. Ek het gedink die derde outjie gaan ook ‘n seuntjie wees en sy het gordyne met veelkleurige karretjies op gekry. Deesdae se oers het dit makliker met die sonars wat geslag bepaal.

    Liked by 1 person

  2. Ons moes tevrede wees met ‘n geleende kot en ‘n tweedehandse badkassie,wat by ‘n pandjieswinkel gekoop is. Nooit eers by my opgekom dat ‘n babakamer spesiaal moes wees nie.Gelukkig het al vier sonder skade grootgeword van hul traumatiese eerste omgewing!🤣🤣🤣

    Liked by 2 people

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s