Lê-jou-eier-uitdaging: Muzik-A-La-Carte op Rebusfontein

 

sean-musil-z_zVqKBWTcg-unsplashWaar die pad ophou in Rebusfontein is die mooiste natuurlikste amfiteater. Teen die berg af, omring met bome en natuurlik is die gras daar wonderskone groen! Die Towerinne gaan stap baie daar en dit is loshande die heerlikste speelplek vir al die Viervoet Rebussers. Onder, waar die laaste ry ophou is ‘n groot plat oppervlak. Omdat dit so ongelooflik rustig is, is dit summier Rebusrus amfiteater gedoop.

Ek en Liefkat stap verlede week daar rond. Danie en Trompie speel onder op die plat area en blaf elkeen op hulle kenmerkende manier. Danie se blaf is so basserig terwyl Trompie se stem aan tenoor grens. Die pragtige berge wat Rebusfontein omring skep ‘n meesterlike akoestiek. En ek kry ‘n plan. Ek bespreek dit met Vuurvliegie en Hester en die groen lig skakel aan.

Die Rebusrus Amfiteater is bespreek! Hester stel Lorenzo aan as Amfiteater bestuurder. Hy moet seker maak die gras is gesny. Dat daar nie landmyntjies van die Viervoet Rebussers rond lê nie. Dink net as iemand perdalks daarin sou trap?! Dat die plat area skoon is want ons besoekers se toerusting is duur! As gevolg van die akoestiek is geen ekstra elektroniese versterkers nodig nie. Hy moet seker maak dat alles vlot verloop. en dat daar genoeg verversing is vir al die gaste!

Rebusfontein se Towerinne kom bymekaar by die Amfiteater.  Ek babbel soos ‘n bakvissie en Vuurvliegie moet my aanpraat om kalm te word en mooi te verduidelik wat gaan gebeur.

Ek  haal diep asem en begin praat:

“Liewe maters, Rebusfontein gaan konsert hou. Elke Towerin word uitgedaag om deel te neem want dit gaan fantasmagories wees!” En ek druk die woord so uit met handgebare wat daarmee gepaard gaan. Dit is darem ‘n erkende woord. My blokraaiselwoordeboek sê so!

“Ek weet julle almal is dol oor musiek. So dis hoe dit gaan werk:

  1. Kies vyf van jou gunsteling liedjies
  2. Plaas die videos op ‘n blog met die heel grootste gunsteling as nommer Een (Tel terug..begin met nommer vyf eerste en eindig met jou heel gunsteling liedjie laaste as NOMMER EEN!
  3. Vertel by elke liedjie hoekom dit jou top 5 lysie behaal! Daai lekker herinneringe…gaan delf diep!”

Sjoe! Ek kan nie glo hoe opgewonde almal is oor hierdie uitdaging nie! Dis ‘n gebabbel van ‘n ander wêreld en die vingers rol oor die selfone se toetse soos daar gesoek word na die kontak besonderhede van elkeen se gunsteling sangers! Want die uitnodigings moet vinnig uitgaan! En ons moet weet wat elke kunstenaar se behoeftelysie is. Hulle het mos snaakse grille en giere!

“Luister!” sê Vuurvliegie. Almal raak stil.  En ons luister en kyk want op die breë plat oppervlak blaf die hondekinders uitgelate! En dit klink soos die Limpopo koor wat nou in Amerika deelneem aan die America’s got talent! Hoendervleis lekkerte!

WOW! Hierdie gaan groot wees! Groter as Afrikaans is groot!

Almal word vriendelik  verplig (uitgedaag!) om saam te konsert!

Kom neem deel en hak jou blog aan die skakel wat spesiaal hiervoor geskep is!

https://fresh.inlinkz.com/p/24f3cd306d0d4f75a62c1f4aaa1fa76f

28 comments

  1. Sjoe…ek het gesien hoe vlieg jou vingers oor daai fountjie van jou om jou gunsteling kunstenaars in die hande te kry! Ons gaan groot!

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s