3 Sekondes dankie sê 11 Julie

Sjoe, amper hol die dag by my verby sonder dat ek vir ietskon dankie sê!

Vandag is ek dankbaar vir tegnologie wat lewens verander. Ongelukkig is daar nog steeds ‘n stigma aan die spesifieke tegnologie waaroor ek vandag skryf.  Maar dis een van die areas waar  die beste tegnologie huidiglik ingespan word. Dis eintlik ‘n wonderwerk maar min mense praat daaroor.

Gister pas ons gehoorapparate vir ‘n vrou wat nommer twee op die wêreld ranglys is vir “powerlifters” (Skuus die engels!) Sy stap hier uit, ‘n ander mens. Haar terugvoer, sowel as ander pasiënte, is dat die spraakherkenning van ons apparate beter is as al die ander wat hulle probeer het. En sy kan hoor en die agtergrondgeraas is so min! En sy kan alles stel op haar selfoon en dis nie eers sigbaar nie!

My dankie sê vandag is dat daar mense is wat tegnologie verbeter sodat gewone mense se lewenskawiliteit kan verbeter.

My tweede dankie sê is dat sosiale media te danke is aan tegnologie. Sy het op haar Vuisboekblad gaan vertel van hoe, in ‘n kwessie van ‘n paar ure, sy soveel beter hoor, sagter praat en net sommer oor die algemeen beter voel.

Die wonder hiervan is dat ons vandag vier afsprake kon maak vir mense wat haar ken. Wat in Pietermaritzburg bly. Wat my Baaskind daar gaan sien en toets. Ons is besig om die land vol te reis! Eers Heilbron en nou Pietermaritzburg!

Die groot dankie sê hiervan is dat ons super geseën word. En dit is alles te danke is aan tegnologie.

Advertisements

8 comments

  1. Wat van jul kom toets my ore hier in NZ? het gister ore laat toets en moet beslis apparaatjie kry. Ek het my gehoorstukke vanaf Suid Afrika hierheen gebring. Hul kan niks met dit doen nie want dis nie die toestelle wat hul hier gebruik nie. Moet nuwes kry wat ek nou al vir amper 10 jaar uitstel omdat dit te duur vir my is. Die goewerment betaal darem n goeie bedrag elke ses jaar as dit is.

    Like

  2. Dis eintlik fantasties as jy dink hoe tegnologie mense se lewenskwaliteit kan verbeter. Ek onthou hoe misrabel ek ‘n paar maande gelede was toe water in die binneoor veroorsaak het dat ek feitlik niks kon hoor nie. Mens voel so afgeslote. Ek hoop julle besigheid gaan van krag tor krag.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s