Eers baas, nou klaas.

bossy wife

Hierdie is ‘n lag-met-‘n-traan blog. Jare gelede was die Oom getroud met ‘n vrou wat 5 sussies gehad het. Dit was dus ‘n baie groot familie toe  hulle almal trou. Die swaers het baie goed oor die weg gekom. Daar was dus gereeld kuiers elke naweek. Wie het nou ander vriende nodig gehad? Die groep was mos groot genoeg!

In daardie jare was Noord Transvaal en WP rugby groot. Kyalami was groot. Kuier met brandewyn was groot. Die Oom was ‘n blinde Bloue en sy een swaer was weer gehook op die WP. Hulle het dus naweek vir naweek rugby gaan kyk. As dit naby was, was hulle daar. As dit in die Kaap of in Durban was, was hulle ook daar. Die swaer met wie die Oom die beste mee gekliek het se naam is Bokkie. Hy was die droe humor een. Die een wat hard gekuier  en ook die een wat elke keer as hy onder die klippe was, geval het. Op die snaakste plekke, op die snaakste tye.

Bokkie se vrou was die kwaai een. Haar reels het gegeld. As hy iewers vashaak en nie opdaag by die huis in die gegewe tyd wat sy uitgewerk het nie, het sy op en af tussen hospitale gejaag om hom te soek. Hy moes van elke beweging wat hy gemaak het buiten werk, verslag doen, Sy het die beursie gedra, het elke dag vir hom sy geld wat hy dalk sou nodig kry vir die dag, saam met sy kosblik ingepak. Sy was tuisteskepper. Het net haar kinders rondgery. Gekoop waar en wanneer sy wou. Haar eie klere gemaak. Ure lank in die winkels rondgedwaal. Dit was heerlike dae, maar sy was die spreekwoordelike tannie op die prentjie hierbo. Die pantoffelregering de luxe.

Ten spyte van die supermamma, raak haar oudste kind met dwelms deurmekaar. Bokkie hou heeltemal op drink, en genadiglik kies die pragtige dogter om te leef. Sy gaan studeer verder en trou. Die jongste dogter is egter die mamma se witbroodjie en onbewustelik het mamma ‘n gogga tussen die twee sussies geskep. Hulle verdra mekaar net.

Twee jaar gelede tree Bokkie af. En oornag verander die situasie. Bokkie is by die huis. Hy verwyl sy dae deur televisie te kyk en so nou en dan handjie by te sit as sy die twee kleinkindertjies oppas. Terloops, sy is opdrag gegee om na hulle te kyk want sy kleinkinders gaan nie meng met ‘n klomp snotneusies nie. As sy winkels toe gaan, gee hy haar ‘n sekere tyd om te doen wat sy moet. As sy laat is, bel hy haar elke vyf minute. Sy mag nie meer kos by Woolworths koop nie. Dis te duur. Hy vra rekenskap van elke sent want hy beheer nou hulle finansies na die aftrede. Hy is per slot van sake verantwoordelik dat hulle nog lank moet leef oop sy pensioengeld. Hy kuier by niemand, en nooi niemand uit na hulle toe nie. Hulle lewe ‘n kluisenaarslewe.

Dis hoe sy dit wou hê toe hulle jonger was. Sy wou nie haar man deel met ander nie. Dit het groot rusies in die familie veroorsaak. Nou is die bal aan die anderkantste hoek. Sy kry swaar. Sy vereensaam. Haar sussies kuier nie meer daar nie want hy is heeltyd teenwoordig. Sy is defressief.

En daardie simpel ge-ykte spreekwoord kom lê in my kop. “Be careful what you wish for.” En ek huil oor aftrede wat ‘n monster kan skep. Daar is baie “aftredes” wat werk en suksesvol is. Maar dit lyk vir my dat daar meer gevalle is waar baas nou op ‘n hoe ouderdom klaas geword het.

Eish…..

Advertisements

10 comments

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s