3 Sekondes dankies sê 10 Julie

Vandat ek verlede verjaarsdag  ‘n prag skildery by Bondels gekry het met ‘n fiets op, het die fiets en sy simboliek nes geskop in my hart.  Die fiets simboliseer ‘n reis. En soos dit is, kry ek gereeld iewers ‘n fiets prentjie met ‘n whatsapp van iemand wat nie eers weet dat ek nou my drome rondom fietse bou nie. Die heel eerste foto is die nuutste toevoeging tot my gallery van fietse. En loshande die mooiste een.

Met hierdie aanhef is daar meer as een dankie sê. Nommer een is ek dankbaar dat mense luister as daai stemmetjie sê: Stuur hierdie ene aan! Want ek kry dit gewoonlik op die dag as ek begin twyfel.

Nommer twee is ek dankbaar vir die stemmetjie wat vir Bondels mooi vertel het wat sy op my skilfery moet verf. Sodoende het sy ‘n saad van hoop geplant.

Nommer drie is ek dankbaar dat die stemmetjie my met elke fiets prentjie aanhits om aan te hou droom , aan te hou hoop en aan te hou glo.

Met ander woorde, vandag is ek dankbaar vir die stemmetjie…..daardie sagte vlugtige verbygaande flits wat jou aanpor.

Dankie Here!

Advertisements

4 comments

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s