3 Sekondes dankie sê 8 Julie

 

Musiek….dankie tog vir musiek!

Ek luister na enige musiek, behalwe  metal, rap en boeremusiek. Ek het altyd CD’s gekoop, totdat my kas so volgeraak het.  Saterdag sorteer en skei ek die CD’sMyne die kant, die Oom s’n daai kant. En my hoop is beslis groter.

Maar met die tegnologie wat so verbeter, kom ek agter dat ek nooit meer my CD’s speel nie. Dis makliker om my selfoon aan te sit en op Youtube, Spotify of Joox die musiek te gaan soek wat mens wil hoor.

Maar terwyl ek Saterdagmiddag die Groot Kook koors gehad het, het ek Helmut Lotti se Classics opgesit,en gewerk met ‘n paar danspassies tussen in. Gister het ek weet laat waai met ‘n paar goue oues.

En agtergekom dat my huis baie stil was die afgelope vyf jaar.

Ek het ‘n nuwe stappie in my tree. My huis bewe van die musiek trillings. Die Oom skree, sit dit af, sit dit af! Maar ek is doof. Vir die wêreld…nie vir die musiek nie!

Advertisements

7 comments

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s