Vandag se dankie sê gaan nou baie snaaks klink maar ek is deesdae baie gereeld dankbaar daarvoor. Veral nou dat dit winter is.
Dankie tog vir slaappille! Ek weet dat dit nie die beste ding is om te drink nie. Ek het n nood voorraad. Dis nou vir die nagte wat die groot houtkapper saam my slaap. Saag en nogmaals saag en weer saag. Diep dreunende donker saag. Van 9h00 af tot 5h00. Hard en aanhoudend.
Ek hou uit solank as moontlik. Ek slaap so drie nagte met die gedreun. En dan, nag 4 drink ek daai pilletjie.
En vir een nag is dit saligheid op note. As ek daar wakker word face ek die hele wêreld en sy drama.
Dankie tog vir hulpmiddels. En so met die winter saam is dit nodig.
Ek het lekker geslaap…dankie!!
Dis nou oulik! Baie bly jy het goed uitgerus.🤗
LikeLiked by 1 person
Met my seun hier, het ek verlede nag houtkappers in stereo aangehoor. Gelukkig daar op die onderste vloer. Hier bo onder die dak het ek net my oorfone ingeprop, gesmaail en weggegegly.
LikeLike
Sommige kap is die smaail werd!!😂😘
LikeLiked by 1 person
Dankie tog vir hulp middels wanneer ons dit nodig het..
LikeLiked by 1 person
Ek is bly jy het lekker geslaap. 😊
LikeLiked by 1 person