Vandag sê ek dankie vir boerekos.
Outydse bone met aartappels,uie en witpeper. Hubbard squash met botter en suiker. Soetpatats met stroop. Beeskookvleis met uie en tamatie gekook met aartappels….
Ons eet in die week al daai goed wat binne n halfuur reg is. Hoenderkerrie en rys. Macaroni en kaas. Pap en wors. Slaai en hoender.
Toe ek vanoggend my ogies oopmaak trek ek aan en jaag groentewinkel toe. En koop groente. Meer as een kooksel. Vandag kook ek groot. Om te bêre. Te vries. Vir daai aande in die week.
Dankie tog vir groente.
Soetpampoen met baie kaneel, souskluitjies met suikerkaneel, bobotie en geelrys met rosyne, blomkool met kaassous, groentesop … en nou’s ek honger.
LikeLiked by 2 people
Net so Hester!! Ek kook op hierdie saterdag middag dat die spoeg spat!!!😅
LikeLiked by 1 person
Jy klink nou soos Toortsie was voor sy hospitaal toe is. Sjoe, daardie kos was ‘n redding!
LikeLike
Ai, maar toe loop ek my nou vas in groot kastrol tekort want ek het mos die groter potte weggegee!!😓
LikeLiked by 1 person
Ai man! Ek het ook so potte minder gemaak. Dink ek wil joghurt maak en onthou toe daai pot is ook nie meer hier nie. Sal nuwe plan moet maak.
LikeLike
Haha… .ja so vang slim soms sy baas…
LikeLiked by 1 person
Lekker! Bobotie en rys, boontjiesop, …
LikeLiked by 2 people
Oe ja!!!
LikeLike
O liewe land, hoe lus maak julle my!!
LikeLike
Sorry Frannie…dit was nou nie die bedoeling nie
LikeLiked by 1 person
Hmmm, gee my ‘n rain check op daai lekker kos en jy is vergewe.
LikeLike
Ok..dis n deal!!
LikeLiked by 1 person
Ek sê saam dankie hiervoor🌻🌻
LikeLiked by 1 person