Toring fees

‘n Kosbare snoer met tien woorde is weg. Ek het al oral gesoek. Nou kan ek nie ‘n Rebusfontein storie vertel nie. Ek ontdek ‘n briefie van Willemien Winter-Woorddief, daai ene wat ons skryfmuse so kortwiek en sommer mens winter gemoedsbekakking gee. Sy vertel dat sy die snoer gegaps, en gaan wegsteek het. Sy wil hê ons moet ‘n storie of wat skryf, dan sal sy ons uitlos.

Vuurvliegie

Untitled design

Die partytjie is gereël! Almal gaan in Frannie se toring huisie kuier. Ten spyte van die feit dat sy so besig is met ‘n liefdesdaad vir ‘n onbekende man (Nee! Dis nie wat julle dink nie…sy proeflees sy rubrieke!)het sy haar huisie tot die beskikking van die Towerinne gestel.

Ek arriveer ook by my huisie vir die naweek. Liefkat (dis die naam waarmee ek my kieter gedoop het) sit  vir my en wag. Sy word so vinnig groot. Kyk hoe mooi is sy!

bengal

“Hallo, vreemdeling,” purr sy saggies. “Ek het verlang.” Sy spring op en kom vryf haar lyfie teen my bene. Ek tel haar op en druk my gesig in haar pels. Oe, die lekkerte van ‘n katlyfie. Ons loop binne toe en sy begin my vertel van alles wat gebeur het op Rebusfontein.

“Hester het agtergekom dat Lorenzo bietjie rusteloos raak. Op haar eie, wyse manier het sy hom toe aangepor om bietjie te gaan help by Frannie se huisie. Hy moes seker maak dat daar genoeg sitplek is, dat al die glase skoon is, en dat die sjampanje op ys kom. Hy het Toortsie se strooikussings so kunstig gerangskik. Die man se kunstenaarsiel het weer opgevlam en hy het regtig met hart en siel gewerk om alles perfek te kry vir die kuier.”

Liefkat lig haar regterpootjie op en vryf dit oor haar gesiggie. Dit lyk asof sy lag. “Niemand weet eintlik wat gebeur het nie,” gaan sy voort. “Maar Lorenzo het met die snaakste verhaal na vore gekom. Hy sweer hoog en laag dat hy net een glasie sjampanje geproe het. Net om seker te maak dat dit wel die beste is. Terwyl hy so deur die toring huis se venster kyk, sien hy vir Danie aangewaggel kom. Hy hugge-hugge steunend die paadjie op. Die daisy in sy kopband dreig om uit te val. En die hippie hempie wat hy aanhet, werk nie lekker saam met die logge lyfie nie. Hy lyk of hy enige oomblik in trane wil uitbars. Lorenzo sê hy hoor net WHOOP en toe sien hy Porkie gaan sit op die visdam se rand. En die volgende oomblik skree iemand: Is jy okay? Is jy okay?” Lorenzo vertel dat Pasella van die ander kant af gekom het. En daar staan die drietjies en konferensie hou.

Danie kon so tussen die hyge en asemskep sy probleem met die ander twee deel. Lorenzo was so sprakeloos en hy het besef niemand gaan hom glo as hy hulle vertel van hierdie drietjies se kuier nie. Hy gryp toe die kamera wat daar lê en neem fotos. Ongelukkig het niemand vir hom gesê dat hierdie kamera nog van die outydse soort is nie, hy gebruik nog filmrolle. En daar was geen rolletjie daar in nie! Nodeloos om te sê, dat Lorenzo geen bewys het van hierdie petalje nie. Toe hy agterkom hy gaan nie fotos hê nie, het hy in daai oomblik gedink dat as hy dalkies VirgoC se motorfiets kan ‘leen’ en gou na die regte wêreld toe jaag, sal hy dalk ‘n filmrolletjie kan koop. ” Sy bly stil, haar koppie skuins gedraai.

“Haai Liefkat?” vra ek verbaas. “Waaroor het hulle toe gepraat? Weet jy?”

“Ja, maar dis ‘n geheim. Ek mag nie vertel nie. Maar dit is Danie se geheim. Porkie het vir hom baie goeie raad gegee en Pasella was so uitgelate oor die blink idee, sy het sommer 4 peanuts ge-eet. O gonnapiet….jy mag dit nie vir Bondels vertel nie!” Katlief was nou sommer rooi van verleentheid.

“Ek belowe ek sê niks. Maar dink jy nie Lorenzo het dalk te veel sjampanje gedrink nie? Ek meen, diere wat met mekaar praat! Dis dalk bietjie dik vir ‘n daalder.”

Katlief het haar koppie baie skeef gedraai toe sy weer na my kant toe kyk.

“Wel, Woordnoot, as dit is wat jy dink gebeur het, dan het jy ‘n hele kas opgesuie op jou eie. Want met wie voer jy tans hierdie gesprek?”

XXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXX

Om aan hierdie bloguitdaging deel te neem: Kry die 10 woorde of name en snoer ‘n lekker Rebusfontein avontuur – onthou om jou antwoorde in vet letters te plaas! Daar is vier karakters en ses plekke/items. Tower dan jou storie op. Maak seker om die 10 woorde in vetdruk (bold) aan te dui in jou skrywe. Ons uitdaging strek oor twee weke, op 10 Julie 2019 sal die skakel sluit. Nooi blogmaats om saam te kom speel! En moenie vergeet om jou bydrae op Inlinkz te gaan aanhaak nie! Hier is die skakel:

https://fresh.inlinkz.com/p/441ac97f21cd4d26acca046b62db5fc8

31 comments

  1. Nee wat..ontspan. Ek dink jou Danie beplan ietsie spesiaal maar tipies man kan hy nie alleen regkom nie…dis hoekom Porkie en Pasella moes ingryp!

    Like

  2. Ek wonder hoeveel het Lorenzo gesuie 😂😂😂😂 Besef jy ek kannie meer byhou nie. Is Liefkat in die werklike lewe jou rêrige kat? Sy is baie mooi. Of is dit soos my Geluk ‘n Rebusfonteinkat? Êrens gaan ek uit die bus uitval. My werklike lewe het agt kinders en dié se gades (huidiges en ekse) en sewentien kleinkinders met ouderdomme tussen 30 en 2 jaar. In die wêrklike lewe sukkel ek om kop te hou. In Rebusfontein raak dit nou net so besig…. met name en en en.

    Liked by 1 person

    • Haha.. nee, hoor. Liefkat is pure verbeelding. Ek weet van daai kopkrap. In die werklike lewe is daar 8 kinders vir wie ek ma is of was met elkeen se sleepsel of ex sleepsels of geheime sleepsels..einde 2019 tien kleinkinders….mens moet nou al n vloeidiagram hou met al die name..werklik sowel as speel speel!!

      Liked by 2 people

Lewer kommentaar op Vuurvliegie se lekkervurigeaffêre Kanselleer die reaksie

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s