‘n Kosbare snoer met tien woorde is weg. Ek het al oral gesoek. Nou kan ek nie ‘n Rebusfontein storie vertel nie. Ek ontdek ‘n briefie van Willemien Winter-Woorddief, daai ene wat ons skryfmuse so kortwiek en sommer mens winter gemoedsbekakking gee. Sy vertel dat sy die snoer gegaps, en gaan wegsteek het. Sy wil hê ons moet ‘n storie of wat skryf, dan sal sy ons uitlos.
Die partytjie is gereël! Almal gaan in Frannie se toring huisie kuier. Ten spyte van die feit dat sy so besig is met ‘n liefdesdaad vir ‘n onbekende man (Nee! Dis nie wat julle dink nie…sy proeflees sy rubrieke!)het sy haar huisie tot die beskikking van die Towerinne gestel.
Ek arriveer ook by my huisie vir die naweek. Liefkat (dis die naam waarmee ek my kieter gedoop het) sit vir my en wag. Sy word so vinnig groot. Kyk hoe mooi is sy!
“Hallo, vreemdeling,” purr sy saggies. “Ek het verlang.” Sy spring op en kom vryf haar lyfie teen my bene. Ek tel haar op en druk my gesig in haar pels. Oe, die lekkerte van ‘n katlyfie. Ons loop binne toe en sy begin my vertel van alles wat gebeur het op Rebusfontein.
“Hester het agtergekom dat Lorenzo bietjie rusteloos raak. Op haar eie, wyse manier het sy hom toe aangepor om bietjie te gaan help by Frannie se huisie. Hy moes seker maak dat daar genoeg sitplek is, dat al die glase skoon is, en dat die sjampanje op ys kom. Hy het Toortsie se strooikussings so kunstig gerangskik. Die man se kunstenaarsiel het weer opgevlam en hy het regtig met hart en siel gewerk om alles perfek te kry vir die kuier.”
Liefkat lig haar regterpootjie op en vryf dit oor haar gesiggie. Dit lyk asof sy lag. “Niemand weet eintlik wat gebeur het nie,” gaan sy voort. “Maar Lorenzo het met die snaakste verhaal na vore gekom. Hy sweer hoog en laag dat hy net een glasie sjampanje geproe het. Net om seker te maak dat dit wel die beste is. Terwyl hy so deur die toring huis se venster kyk, sien hy vir Danie aangewaggel kom. Hy hugge-hugge steunend die paadjie op. Die daisy in sy kopband dreig om uit te val. En die hippie hempie wat hy aanhet, werk nie lekker saam met die logge lyfie nie. Hy lyk of hy enige oomblik in trane wil uitbars. Lorenzo sê hy hoor net WHOOP en toe sien hy Porkie gaan sit op die visdam se rand. En die volgende oomblik skree iemand: Is jy okay? Is jy okay?” Lorenzo vertel dat Pasella van die ander kant af gekom het. En daar staan die drietjies en konferensie hou.
Danie kon so tussen die hyge en asemskep sy probleem met die ander twee deel. Lorenzo was so sprakeloos en hy het besef niemand gaan hom glo as hy hulle vertel van hierdie drietjies se kuier nie. Hy gryp toe die kamera wat daar lê en neem fotos. Ongelukkig het niemand vir hom gesê dat hierdie kamera nog van die outydse soort is nie, hy gebruik nog filmrolle. En daar was geen rolletjie daar in nie! Nodeloos om te sê, dat Lorenzo geen bewys het van hierdie petalje nie. Toe hy agterkom hy gaan nie fotos hê nie, het hy in daai oomblik gedink dat as hy dalkies VirgoC se motorfiets kan ‘leen’ en gou na die regte wêreld toe jaag, sal hy dalk ‘n filmrolletjie kan koop. ” Sy bly stil, haar koppie skuins gedraai.
“Haai Liefkat?” vra ek verbaas. “Waaroor het hulle toe gepraat? Weet jy?”
“Ja, maar dis ‘n geheim. Ek mag nie vertel nie. Maar dit is Danie se geheim. Porkie het vir hom baie goeie raad gegee en Pasella was so uitgelate oor die blink idee, sy het sommer 4 peanuts ge-eet. O gonnapiet….jy mag dit nie vir Bondels vertel nie!” Katlief was nou sommer rooi van verleentheid.
“Ek belowe ek sê niks. Maar dink jy nie Lorenzo het dalk te veel sjampanje gedrink nie? Ek meen, diere wat met mekaar praat! Dis dalk bietjie dik vir ‘n daalder.”
Katlief het haar koppie baie skeef gedraai toe sy weer na my kant toe kyk.
“Wel, Woordnoot, as dit is wat jy dink gebeur het, dan het jy ‘n hele kas opgesuie op jou eie. Want met wie voer jy tans hierdie gesprek?”
XXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXX
Om aan hierdie bloguitdaging deel te neem: Kry die 10 woorde of name en snoer ‘n lekker Rebusfontein avontuur – onthou om jou antwoorde in vet letters te plaas! Daar is vier karakters en ses plekke/items. Tower dan jou storie op. Maak seker om die 10 woorde in vetdruk (bold) aan te dui in jou skrywe. Ons uitdaging strek oor twee weke, op 10 Julie 2019 sal die skakel sluit. Nooi blogmaats om saam te kom speel! En moenie vergeet om jou bydrae op Inlinkz te gaan aanhaak nie! Hier is die skakel:
https://fresh.inlinkz.com/p/441ac97f21cd4d26acca046b62db5fc8
Arme Lorenzo lyk my is getraumatiseer eers deur Camilla en nou pratende diere. Net op Rebusfontein! Bwahaha! Oulik Woordnoot. Ek laaik die prentjie antwoorde! 😉
LikeLiked by 1 person
Nee hoor ou Lorenzo loop nou deur! Ek hoop as my toets gemerk word kry ek vol punte. Ek het vir opstelskryf altyd 8 uit 20 gekry!
LikeLike
Almal kry 10/10 op Rebusfontein. Ons is mos Towerinne. Ek is bly as julle pret het. Mwah!
LikeLiked by 2 people
Hierdie is die veilige uitweg antwoord, mooi!
LikeLiked by 1 person
😉
LikeLike
Dankie dat jy Lorenzo by Hester geleen het om die toring reg te kry! Liefkat is die alleroulikste diertjie – met haar as beskermvrou gaan Danie floreer op Rebusfontein!
LikeLiked by 1 person
Is sy nie?
LikeLiked by 1 person
Hahaha, en net daar troef Liefkat jou. Ek hou van haar naam.
LikeLiked by 1 person
Hulle sê mos katte is slim…
LikeLiked by 1 person
Hulle is
LikeLike
Maar blerrie arrogant….om my nou so te antwoord…sarkasties verby
LikeLiked by 2 people
Haha, katte draai nie doekies om nie. Jy moet besef, jy is nie ‘n kat-eienaar nie – Liefkat het ‘n troetelmens.
LikeLiked by 1 person
Ag jaaaa…en dis soo lekker!!
LikeLiked by 1 person
Hi Hester…wou nog vra of jy dalkies kan aanlas op die links skakel? Ek is totaal onnosel as dit by dit kom veral nou na die update😶
LikeLiked by 1 person
Jip, ek sal.
LikeLike
Jou Liefkat skinner oor my Danie…??? Waar ontmoet ek en jy mekaar?!!!
LikeLiked by 1 person
Hi nee…sy wou nie praat nie. Het niks gesè nie….ek sal maar later haar weer bietjie pols….😂😂
LikeLiked by 1 person
Hierdie is is al te versigtige antwoord, WoordNoot! Jy ken ñ Mercy, nè, hulle hel alewig oor as iemand iets sê oor hul diertjies.
LikeLike
Nee wat..ontspan. Ek dink jou Danie beplan ietsie spesiaal maar tipies man kan hy nie alleen regkom nie…dis hoekom Porkie en Pasella moes ingryp!
LikeLike
Ja, vra ek ook. Hoeveel sjampanje het jy gedrink? 😁 Dankie, ek het die storie baie geniet.
LikeLike
Eish..ons praat mos nie uit Rebusfontein uit nie😂
LikeLiked by 1 person
Natuurlik, dis mos hoe dit werk! 😁
LikeLike
Ek wonder hoeveel het Lorenzo gesuie 😂😂😂😂 Besef jy ek kannie meer byhou nie. Is Liefkat in die werklike lewe jou rêrige kat? Sy is baie mooi. Of is dit soos my Geluk ‘n Rebusfonteinkat? Êrens gaan ek uit die bus uitval. My werklike lewe het agt kinders en dié se gades (huidiges en ekse) en sewentien kleinkinders met ouderdomme tussen 30 en 2 jaar. In die wêrklike lewe sukkel ek om kop te hou. In Rebusfontein raak dit nou net so besig…. met name en en en.
LikeLiked by 1 person
Haha.. nee, hoor. Liefkat is pure verbeelding. Ek weet van daai kopkrap. In die werklike lewe is daar 8 kinders vir wie ek ma is of was met elkeen se sleepsel of ex sleepsels of geheime sleepsels..einde 2019 tien kleinkinders….mens moet nou al n vloeidiagram hou met al die name..werklik sowel as speel speel!!
LikeLiked by 2 people
Dan verstaan jy 🤔
LikeLiked by 1 person
Ek is mal hieroor 🌻🌻
LikeLike
😘
LikeLike
Hier kom n storie! Dis nou goed gestel. Klein Liefkat is so pragtig en sy vertel jou wat om te doen, ha ha. Jy’s ook maar nuuskierig om te weet waaroor hul gesels.
LikeLike
Liefkat is my hart se punt!!
LikeLike
Sy is n besonder mooie kieter en dan nog bekkig daarby ook. Sy en Trompie behoort lekker saam op die vensterbank sit en kyk na al die menslike kapperjolle.
LikeLike
Sjoe dan gaan daar baie stories uitkom
LikeLiked by 1 person