3 Sekondes dankie sê: 5 Julie

 

kleur

Kleur.

Vandag se dankie is omdat ek een van die geseendes is wat dol is oor kleur! (Ekskuus dat my leestekens nie reg is nie, maar om een of ander rede weier hierdie sleutelbord om deel tekens of kappies in te sit)

Ek dink een van die gelukkiger tye in my lewe was die tyd toe ek ‘n vry hand gehad het om oor my huis se kleurskema te besluit. Ek kon mure verf in enige kleur. Ek  vermoed mos ek het gypsey bloed in my are, want as ek nie gereeld kan trek nie, raak my gees in opstand. Maar omdat mens nie net trek nie, het dit ook altyd gehelp om die meubels te herrangskik. So het die feit dat ek my mure kort- kort kon verf baie gehelp met my rustelose gees.

Vir die afgelope 16 jaar is ek in ‘n beige huis. Die enigste kleur is ‘n rooi bank. Verder is alles bruin, beige, bleek. Oninteressant. Dodelik vir my gees.

Maar ten spyte daarvan, geniet ek kleur! Ons praktyk is met ‘n lieflike sagte geel en liggrys geverf. My siel raak rustig die oomblik as ek hier instap.

En ek is dankbaar, so dankbaar dat daar kleur oral rondom my is. Selfs in die lelike winter sien ek kleur raak.

Dankie tog dat ek nie kleurblind is nie. Op geen vlak nie. In geen area nie.

(PS…in my volgende lewe gaan ek in die bontste huis denkbaar bly!)

Advertisements

3 comments

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s