Vandag gaan my dankie aan elkeen wat haar of sy fiets uit die stoorkamer gaan haal het, en saam met my op die reis is.
Aan elke liewe een wat my blogs lees en wat kommentaar lewer, moed in praat, raad gee, saam lag, soms saam ‘n traan pink, saam met my kwaad word….hierdie dankie sê is vir julle.
Dankie dat julle my toegelaat het om my lewensfiets op julle blogstoepies staan te maak. Dankie dat julle my help om pap wiele om te ruil.
Mag ons saam reis saam totdat die son eendag oor my sak.
Aww, dis so ‘n mooi beeld, ‘n mens se lewensfiets. Hmmm, miskien moet ek kom vertel watter ellendige gesukkel dit was toe ek tweewielfiets moes leer ry… 😀
LikeLiked by 2 people
Oe..dit klink na n lekker storie! Vertel!!
LikeLiked by 1 person
Sal iewers vorentoe so maak
LikeLike
Sterkte vir jou reis. Mag jy krag kry vir elke opdraend en mag jy die mooi langs die pad geniet.
LikeLiked by 1 person
Dis nou so mooi gesê, WoordNoot. Ek is baie dankbaar om saam met jou te kan trap.
LikeLiked by 1 person
Jou reis gaan baie mooi oplewer… el sien om die lyn raak te sien en jou oor die wenstreep te sien ry
LikeLiked by 1 person
Daardie trappe wat soms nie getrap wil word en die wiel wat pap is, alles deel van fietsry. Jy is kosbaar vir ons ook.
LikeLike
Dankie dierbare dame!
LikeLike
Dame? Dankie vir die status, ek voel en lyk nie altyd soos n dame nie, ha ha. Dis baie mooi kompliment , baie dankie daarvoor.
LikeLiked by 1 person