Aangename kennis Christa en Sonel, ek is Woordnoot en ek woon in nommer 13 in Rebusfontein. En nee hoor! Ek is g’n stuk bygelowig nie. Kyk dan net hoe pragtig is my huisie!
Ek woon in my groen huisie saam met my Bengaalse katjie( wat nou al ‘n tiener is met tipiese tienerstreke!) in my groen huis. Ja, ek is groen besot maar dis my kleur waarmee ek die meeste geluk en vrede beleef. Ek doen niks op Rebusfontein nie. Ek eet en drink net alles wat ek van hou en die lekker daarvan is at ek geen gewig aansit nie! Ek neem net deel aan al die lekker uitdagings wat aan ons gegee word. En natuurlik is ek die een wat my soms in die snaakste penaries bevind soos met die langtafel ete toe ek weggeglip het om in my bad te gaan lê en lees en toe op die ou einde die grootste katastrofe veroorsaak het!Lang tafel op Rebusfontein
In die werklike lewe is ek getroud met die Oom, ma van baie en ouma van nog meer. Amper tien van die klein goedjies. Ek werk in ‘n oudiologie praktyk vir die wonderlikste mens, my Baaskind. Ek is ‘n vryskut omroeper op ‘n internet radiostasie Elan Global Radio. My twee programme is ‘n program op Woensdae aande 7h00 waar ek net gedigte en stories voorlees van digters/skrywers waarmee ek vriende op Facebook is. Vrydag aande doen ek ‘n program waar ek virtueel deur SA toer maar meer op ‘n geskiedkundige wyse. Ek skryf so nou en dan ‘n storie of ‘n gedig, maar my muse is in haar oorgangsjare. Baie hormonaal en wispelturig.
Verder droom ek oor reis.Baie en ver en aanmekaar. Dis die iets in my lewe wat nog net nooit tot vervulling kon kom nie. Ek vermoed my voorouers was iets soos gypsey’s want ek het daai rusteloosheid in my om te beweeg. Dalk is dit die rede vir my muse se verdwyning….sy beweeg dalk sonder my!
Julle sal dit geniet hier op Rebusfontein. Dit is die wonderlikste plek om te wees as die lewe nie so lekker is nie. Dis die beste medisyne in die wêreld. Nie eers aaptwak kan mens so laat vergeet van die alledaagse lewe nie.
Laat weet as julle intrek. Ek het heerlike yskoue sjampanje, net reg om ‘n glasie te klink! Hoop om julle gou te sien!
Woordnoot
Haai raai Riatjie, ek het nie geweet jou kleur is groen toe ek die skilderytjie gemaak het….wow
LikeLike
Jip…jy het mooi geluister na Kosbaarste se stem!
LikeLike
Ons geniet jou so baie. 😊
LikeLiked by 1 person
Beter as aaptwak, ja. En hoe weet jy?! Het Toortsie se spinasietert en tiramisu weer die rondte gedoen?
LikeLike
Ai Hester…what happens in Rhebusfontein…word wyd en syd vertel!! Ja, ek wou nou nie uitpraat nie, maar dis een van hulle….
LikeLiked by 1 person
Ag toemaar, die spietkops hier in die ander lewe kan ons nie vang vir ons oortredinge in Rebusfontein nie.
LikeLike
En die aaptwak het mos geen uitwerking op ons nie…..goe he naamd nie….is my spelling nou reg of toor daai twakkies regitg met my brein??
LikeLiked by 1 person
Uhm, ek dink jou breinselle spring nou rond, hahaha.
LikeLike
Hallo Mater, my muse is ook soek….maar darem het ons mekaar en Rebusfontein. 😉
LikeLike
Ag Vuurvliegie….die blerrie goed mis uit as hulle awol..gelukkig het Rebusfontein hulle nie nodig nie!
LikeLiked by 1 person
My naam is Engela en ek is ń nuwe intrekker. Maak oop die sjampanje asb, nou is ek baie dors…
LikeLike
Jippie…ek wag al flippen heel dag vir iemand om te kom inloer…..die glas is vol!! Welkom Engela🍾
LikeLike
Was Unatjie klaar hier…???
LikeLike
Twee glase gelede😂😂
LikeLike
So vermoed. Ai, mens kan haar ook nêrens heen vat nie.😉
LikeLike
Ag Engela..hier op Rebusfontein is daar mos nie agendas nie…we live and let live. Una is heel okay….sonder haar sal die blog wereld maar vrek saai wees. Jy sal haar laaik. Jy moet net sit en haar leer ken 😂😂
LikeLike
Sy klink bietjie rof, jong…
LikeLike
Nee wat…sy is eintlik dierbaar
LikeLike
Wat gaan aan met die muses? Myne is ook vort, waarheen weet nugteralleen!
Baie mooi geskryf, Ris!
LikeLike
Ek weet! Ek weet!!! Dis n komplot! Hulle sweer natuurlik almal saam…die pestilensies…maar as hulle skoorvoetend terugsluip moet ons net ons man staan…gmph!!😠
LikeLiked by 1 person
Ria…ai hierdie dik vinger slaan altyd die knop langs die regte een!
LikeLike
Ek sssss ook altyd alles. Veral as ek haastig is…😂😂
LikeLiked by 1 person
Ma sê sy hou ook van die nommer 13 en ek is ook nie gepla met katte nie, behalwe as hulle in my erf kom. 😂
Ma sê jou muse klink soos haar hormone. Dit gaan op vakansie na ‘n eksotiese eiland en los haar by die huis. Gelukkig vat hulle my nie saam nie. 😅
Ek en Ma is ook gypseys want ons kan ook nie lank op een plek stilsit nie, net as ons slaap wanneer die movies vervelig is.
Jul fontein klink baie oulik en ma sê hier is baie aaptwak want die ape kuier baie hier. 😜
LikeLike
Rambo…ek laaik jou ma!!
LikeLiked by 1 person
Ma se sy laaik jou ook en ek ook. 😀 😘
LikeLike
Ek het al gewonder wat hier oor NZ rondfladder soos n klomp afvlerk duiwe! Moet julle klomp muzes wees! Hul is almal gevries en hier in my vrieskas. Sal beslis bietjie aandag aan die spulletjie moet gee voordat ek hul ontdooi en weer terug SA toe pos. Die pos is so beroerd daar by julle dat ek maar ou Elon moet vra om n spesiale aflewering te doen daar in Rebusfonten.
LikeLike
Scrapy…jy moet hulle net asb eers weer n refresher course gee voor jy hulle terugstuur…een van hoe om die storie te begin te volhou en te eindig! Dankie dat jy soveel moeite met hulle doen. Wat my nou laat wonder?…. het hulle op hulle eie gedros of is hulle ontvoer??😨😨
LikeLike
Nou praat jy! Daar moes beslis iets wees wat hul vervoer of gejaag het tot hier. Ek sal hul maar gelyktydig ontdooi en hul die leviete voorlees en dan besluit wie gaan terug vrieskas toe en wie gaan terug na hul eienaars. Ek sit nogal en glimlag want hul het elkeen nogal hul eie vorm, kleur en grootte.
LikeLiked by 1 person
Myne is die dikke!! Hahaha
LikeLike
Jy sal n kleur ook moet gee want hier is n paar wat nie te fyntjies gebou is nie(tong in die kies hoor)
LikeLiked by 1 person
Groen ….die een met die meeste groen….
LikeLiked by 1 person
My naam is Aletta ek is nuut hier op Rebusfontein 😂😂😂😂 Ek laaik!!!
LikeLike
Staan nader, staan nader! Droë sjampanje of gin en tonic Aletta??😂
LikeLiked by 1 person
Sommer net van Hester se putwater asseblief.
LikeLiked by 1 person
As jy ‘n tydjie het lees gou my blog oor my kameel se bekendstelling. Hester en Frannie wil my afslag en ek geniet my gate uit 😂😂😂
LikeLike
Ek gaan dit gou lees!!
LikeLiked by 1 person