Bring die hoop

J Black se groot treffer se naam is “Bring die hoop weer terug”

Want hoop is iets wat elke liewe nasie, volk en taal op hierdie stadium broodnodig het. Hoop dat more ‘n beter dag sal wees. Hoop dat daardie mediese toets negatief sal wees. Hoop dat daardie wolke broodnodige reën sal bring. Hoop dat daar ‘n bonus of verhoging sal kom om die las te verlig. Hoop om daardie kind weer te sien wat al vir jare in die buiteland woon. Hoop om eendag te hoor dat jy ‘n ouma/oupa gaan word.

Ons almal hoop op iets. Ek lees dat selfs die natuur met reikhalsende verlange hoop op ‘n verandering. Dit het my laat wonder hoe hoop gebeur. Ek ry soggens net na 8h00 werk toe en een van die dinge wat my weekliks my hoop laat hersien, is die Good Morning Angels program op JacarandaFM. Week na week sal ek myself in trane vind oor hoe mense saamstaan en hoop bring aan daardie iemand wat dit nodig gehad het.

Ek het al voorheen geskryf van my mede kollega in Langebaan. En deur die blog kon ek hom in kontak bring met mense wat net sy lewe begin verryk het. Hy skryf ‘n weeklikse rubriek vir ‘n plaaslike koerantjie in Secunda. Dan plaas hy dit maar op sy Facebook ook. Weekliks lees ek die kommentare. Laas week neem ek die besluit. Ek weet niks van skarebefondsing of fondsinsameling nie. Maar ek gaan iewers begin.

Ek kry inligting oor publikasie kostes. My eie boek was ‘n prys, so ek het nie veel kennis van wat dit regtig alles kos nie. Ek gaan doen aansoek vir skarebefondsing. Ek laat weet hom. Dis tyd om jou rubrieke deur te gaan. Gaan sif dit. Soek die bestes uit en herskryf dit met alle aanhalings in kursief. Soek ‘n foto vir ‘n voorblad. Kry ‘n naam, want ons gaan vir jou ‘n boek druk met al jou beste rubrieke in.

Ek kry ‘n stempos terug. Hierdie selfde man wat elke oggend wakker word en wonder of dit dalk vandag sy laaste dag gaan wees omdat sy defribrilator enige oomblik kan ophou werk (en sy eie hart omtrent geen funksie oor het nie), se stem het iets in. Opgewondenheid. Hy het iets om te doen wat vir hom van waarde is. Hy herlees elke rubriek, verander hier en daar. Besluit watter is beter.

Hy het hoop. Hoop dat hy ‘n boek in sy hand sal kan hou met sy naam op. Met sy harde werk daarin vasgevat. Sy unieke woorde en sinne om iets te beskryf sodat dit vir die leser werklik word. Al moet die werk nog geproeflees word en ons nog nie weet wie dit gaan doen nie (want dis die duurste uitgawe van ‘n boek). Al vat dit hom langer om die rubrieke reg te skaaf. Al moet ek ek deur baie dinge stoei om die geldjies in te samel.

Al..wat ookal. Hy het hoop.

“So bring die hoop weer terug!”

Advertisements

11 comments

  1. Ek en ma dink dis wonderlik wat jy hier doen en ons wens daar was meer mense soos jy, want dis sulkes soos jy wat sommer vir almal hoop gee. Jy laat mens voel daar is hoop vir almal en dat alles nie so hopeloos is nie. Ek kan my net indink hoe wonderlik daardie vriend van jou voel en ons weet dit sal sommer wonderlik uitwerk. 😀

    Hier is vir jou baie drukkies en nat soene. 😘😘😘😘💕💕💕

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s