Liewe Koos

Liewe Koos,

Ek is jammer ek skryf nou eerder ‘n brief maar ek kan nie waarborg dat ek baie ladylike gaan optree as ek jou nou voor my sien staan nie. Jy kry dit nogal reg om die enemel van my te laat afspring.

Kom ons begin sommer by 16 jaar gelede toe ons hier ingetrek het. Julle het ‘n maand voor ons julle huis betrek. My eerste nag in my huis was n nagmerrie want jy het daai nag soos ‘n mal mens tekere gegaan toe jy en jou blyvrou mekaar getakel het. Ek praat nou nie van die vloek en skel nie, maar van die deur wat met die byl stukkend gekap is en die sementpot wat teen die muur stukkend gegooi is. So het julle rusies aangegaan. Skote het ook al geklap. Dit is genadiglik nou minder maar ek reken ook net dis omdat jou vrou nou so dodelik siek is.

Toe begin jy daai bakkie “opbou” In jou motorhuis wat amper teen my slaapkamervenster is. Ons was baie nice daaroor. Jy het natuurlik glad nie omgegee vir enige iemand anders nie. Daarom dat die Oom soms twee uur soggens vir jou geskree het. Daardie twee jaar was nogal erg, hoor. Veral as mens vat dat jy een van daardie mechanics is wat toets of ‘n enjin werk deur dit te rev…en te rev….en te rev….vir ure aanmekaar. Dis geen wonder dat ons jou nie te hulp gesnel het die dag toe daardie bakkie in jou motorhuis aan die brand geslaan het nie. Ons het gedink dis nog ‘n manier van toets, jy sien!

So van brand gepraat. Onthou jy die Saterdag, in die rooi tyd van brandgevaar, wat jy jou tuinvullis wat al vir vyf jaar langs jou huis gelê het. aan die brand gesteek het? By die muur teen my kamervenster. Die swart roet het soos sneeu in my kamer ingedwarrel. Die vlamme was hoër as die 1,8 meter muur. Toevallig het die GPF patrollie gery en die rook gesien. Hulle het verwoed aan my hek gepluk en toe ek die hek oopmaak was die hele GPF op my omdat ek so onverantwoordelik is om vuur te maak. En toe hulle jou gaan konfronteer, stuur jy dreigboodskappe na die Oom toe wat niksvermoedend by sy werk in Bronkhorstpruit sit.

Nou die water storie. Sal jy nou so waar aanhou neuk dat ons jou geld skuld? Ek dog dan jy het die hele Stadsraad op hol gehad. Nou kom ek agter dat jy eintlik ‘n boelie is. En ‘n ruggraat kort. En dat jy skuil agter jou baard en vloekwoorde.

So buurman…ek verdra jou nou al sestien jaar. En in daai tyd het nie ek of  die Oom ons al neergebuig na jou vlak toe nie. Daarom sal ek eerder op hierdie forum my sê praat. Want daar is ‘n ou spreekwoord wat sê” what goes around, comes around. Sestien jaar se “come around” kan dalk ‘n paar lelike verrassings bring.

Die uwe

Jou buurvrou.

 

 

Advertisements

27 comments

  1. Ek en Ma dink liewe Koos kort ‘n paar warm klappe, want duidelik is hy van daardie tipe wat vrouens kan aftakel en dink dis reg. Ons het ook so mechanic op die hoek en die goed spraypaint nog ook en daai gerev sal tot die visse vies maak! Pa noem hulle ‘rev right’ want hul rev ‘n kar tot hy reg of stukkend is.

    Toe ons hul aangee oor die spraypainting, want dit gee ons sinus, toe word ons gedreig. Maar o wee, toe hulle weer sien toe is Ma daar en toe skrik hulle want jy sukkel nie met Ma nie en jy dreig ons nie. Die pa wou ma aanvat toe sê sy vir hom “Kom, ek is hier. Klap en klap vinnig want dit gaan jou laaste klap wees! Jy sal nie weer opstaan nie!” Toe gaan kruip hy weg op sy stoep. Toe lees ma vir hul omtrent die leviete voor want daai verf is giftig vir ons almal se longe en van toe af is dit stil. Maar hulle is soos stout kinders. So nou en dan probeer hulle en dan word hulle tjank weer afgetrap.

    Ek wens ek kan Koos se tjank kom aftrap want dis sulke mense soos hy wat maak dat ek my tande slyp op my murgbene en wat maak dat Ma partykeer praat soos ‘n Viking. As hy weer vir jou by die hek wag, sê mooi en duidelik vir hom as jy hom weer daar vang gaan jy hom aangee vir teistering by die polisie want hy mag dit nie doen nie. Ma sal hom sommer kom klap vir jou part en ek sal sy hakke vir hom byt.

    Ma sê altyd mense soos ons is té polite en ordentlik want ons verdra mense soos hulle en dan dink hulle hul kan doen net wat hulle wil. Laat die Oom se lont afgaan. Dis net wat Koos kort want ek kan sien hy maak jou senuwees klaar.

    Hier is vir jou baie nat soene en drukkies, net vir in case jy dit nodig het hoor 😘😘😘😘💕😍

    Like

      • Ma sê dis goed as mens se lont so nou en dan afgaan want vrouens moet ook maar baie vat in die lewe. Sy sê dis ‘n wonder hulle het haar nog nie toegesluit vir haar humeur nie. 😂

        Ek is baie bly jy hou van my nat soene. As ma so lont afblaas dan soen ek haar ook baie, dan word sy beter. 😀

        Lekker dag vir jou en gaan klap vir Koos en gee hom sommer twee ekstra van my en ma ook. 😘

        Liked by 1 person

  2. Jaaaa! WoordNoot, onthou waar ek en jy grootgeword het!!! Wag vir my, ek kom jou help, dan pluk ons ons Panne-maniertjies uit en kry hom terug. Ek is reg vir ñ fight, baie, aanhoudend!

    Like

  3. Julle het ou Koos noual so mooi reg gesê hier op jou blog, dalk moet jy vir hom die skakel stuur sodat hy dit self kan lees. Bwahahaha. 🤔 Kan hy lees? Dalk moet jy vir hom prentjies teken. Ek hoop nie hulle het kinders nie. Sulke mense behoort nie voort te plant nie.

    Like

  4. Ai dis tyd dat die groen bus daar kom stop. Dalk moet jy belê in ‘n peperspray of ‘n tazzer en as die oom jou inwag om te skel mik jy dit in sy rigting… dalk raak hy dan in sy pasoppens. Klink my hy kort ‘n goeie pannelbeat….

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s