Om te werk.

 

images (3)

Iewers in my voorgeslagte het iemand die Werks Godin baie kwaad gemaak. Haar uitspraak oor my lewe was iets soos: “jy sal hunker om net tuis rond te lê, maar jy sal nie daardie vreugde hê nie.”

Vandat ek die 3e Januraie 1977 my eerste werk begin het, is dit presies wat ek gedoen het. Ek het met albei swangerskappe gewerk tot op nommer nege en negentig en op die presiese dag nadat my kraamverlof om was, weer teruggegaan werk toe. Daar was die salige paar jare wat ek nie nodig gehad het om te werk nie, maar ek het die selfopgelegde taak gehad om elke oggend in die apteek te gaan “werk”. Maar ek is nie ‘n “homebody” nie. Ek is seker maar ‘n werkesel.

‘n Paar jaar gelede gaan die Oom met pensioen en ek hou ook op met werk. Ons ‘saamwerk’ in die besigheid ontaard in  rusies wat ek nog ooit met iemand gehad het. Ons werkwyse verskil net hopeloos te veel van mekaar. Ons stry oor als. Ons gaan slaap soveel maal kwaad vir mekaar. Of in ander kamers. Die saamwees op ons oudag dryf ons sover uitmekaar uit. En ek weet nie of dit ooit sal regkom nie, want ek het nie meer die lus, krag of romantiese inklinasie om dit reg te maak nie. En ek soek werk, en kry weer op my hoë ouderdom ‘n goeie werk.

Ek werk my beslis nie dood nie. Ek het so baie tyd hier om my eie ding te doen. Ek kan blog, stories skryf, lees of net rekenaarspeletjies speel, want as die werk op datum is, is my tyd my eie. Ek werk salige ure, van 9uur tot 16h00. My baas is een van die wonderlikste mense wat ek ken. Ons werk lekker saam. My werk is baie bevredigend.

Maar soms….net soms wens ek dat ek die vryheid gehad het om te kon kom en gaan soos ek wou. Soos as jou matertjie jou vra om weg te loop omdat sy nie alleen wil wees nie. Of as my kind wat ek bitter selde sien my vra om te gaan lunch, en ek weet nie hoe en waar nie want ek kan net oor naweke, en sy kan weer net in die week. My instink is om net sommer te gaan, maar dis nie moontlik nie. Want ek het gekies om hier te wees. Die dag toe ek aangemeld het vir die onderhoud, het ek daai vryheid van myself weggeneem.

Mens kan nie jou brood aan albei kante gebotter kry nie, nê! Dis vir my die hartseer van hierdie lewe. Soveel kwaliteit tyd saam met mense wat saak maak, gaan verby omdat mens ‘n keuse moes maak. En wel gemaak het, wel wetende dat jy gaan opoffer, inboet, verloor.

Soms wonder ek wat het my voorsate aan die Werks godin gedoen…..dit moes iets vreesliks gewees het.

 

Advertisements

27 comments

  1. Ma sê sy dink ook nie sy en pa sal saam kan werk nie. Daar sal elke dag ‘n moord wees. 😀

    Klink of jy ‘n lekker werk het. Ma het baie sulke werke gehad waar sy alleen is want sy wou nie saam ander mense werk nie. Maar as jou tyd nie jou eie is nie, dan voel mens maar gehok. Dis kan nie lekker wees nie.

    Hier by die huis werk ma partykeer baie en dan moet ek maar help. Ek pak my speelgoed weg, jaag die stofsuier en die mop aan want hulle is stadig, en help om die kaste reg te pak. Ek haal alles vir haar uit. Dan kry ek ‘n lekker beskuit en dan gaan speel ons op die strand. Jy moet ook maar so begin maak. 😀

    Like

    • Liewe Rambo, dan moet ek weer ‘n viervoet kry. EN soveel as wat ek n viervoet kind se geselskap, so min sal ek weer ene kry, want die Oom gaan nêrens heen as daar ‘n hondekind in die huis is nie. Hy wil nie eers gaan kuier nie. Ek sal as ek dalkies weer eendag alleen is, vir my viervoete aanskaf. Maar vir nou is dit nie n opsie nie. DIs hoekom ek jou blogs so geniet. Jy vul daai gaatjie op met al jou hondewales……

      Liked by 1 person

      • Ma sê sy hou gelukkig nie van kuier nie en dat my en pa hulle se geselskap genoeg is vir haar. Sy weier ook om na plekke te gaan waar ek nie toegelaat word nie. Dis seker hoekom sy ook nie dokter toe gaan nie. 😁

        Jy en Oom moet maar hier kom kuier dan wys ons hom hoe lekker ons kan kuier op die strand, dan sal hy vir jou ook weer ‘n viervoetjie kry. 😀

        Ek is baie bly jy geniet my blog. Dis ook vir my lekker as jy kom kuier. Baie dankie hoor. Jy is dierbaar. Hier is vir jou baie nat soene en liefde vir die dag. 😘💕😘💕😘💕😘

        Like

      • DAnkie Rambo….ek het daai nat soene nodig vandag. Ek gaan Vrydag weer Heilbron toe. Ons slaap oor by n vrou wat in haar jong dae met jou soort hondjies geteel het. Daar is vyf sulke lekker liefie lyfies wat die hele dag wat ek daar werk, rondom my is. Die kleinste enetjie van die lot is so dapper muis…byt mens heeltyd aan die hakke!

        Liked by 1 person

      • Dan is ek bly ek het vir jou baie gegee. Ma sê ook altyd sy het dit baie nodig, so ek gee haar net so baie. 🙂

        Dit klink baie lekker en jy gaan dit so geniet. Ons het darem baie lekker lyfies né? Dis gewoonlik ons kleintjies wat dink ons is leeue. Ek is ook lief vir hakke. Hulle proe sooo lekker. Amper so lekker soos tone. 😀

        Like

  2. ai ou woordjie dis so goed of jy skryf my storie. ek het my lewe lank baie hard gewerk en daar teenoor werk ek nou lekker. Maar om te kan gaan koffie saam met maats of in die kar te kan spring as iemand nodig het, dit sou hemels wees.

    Liked by 1 person

  3. Jy praat so IN my kraal…. sou baie graag meer daar wou wees vir my kinders (enkel ma) maar met stewige werksure en my werk is meer as n uur van die huis en skool kan ek nie… verlof is min so kan net afvat as daar groot krisis is, voel baie dae so sleg. Dan wonder ek die mamma s wat al so uur voor die skool uitkom so in hul motors sit en wag, of hulle weet wat en besef hulle en hulle kinders is gebless.
    Nou met die troue is dit net so moeilik, het net naweke en dan deel ek dit nog met die plaas en my boer ook. Soms, net soms is dit TE veel en ek voel gereeld in twee geskekur.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s