Onherstelbare skade

Isle of wright vase

This beautiful vase from China supposedly had the mark of the Emperor Qianlong (1736 to 1795). If it was verified as true, this vase could easily be sold for R11 704 705.00 but because a hole was drilled into the bottom to convert it into a table lamp, the value dropped to  R1 044 644.00. Because of the hole drilled in the bottom of this vase, the mark cannot be verified.

‘n Verskil van R10 660 061.00. Dis vrek baie geld. En dit net omdat iemand gedink het dat dit ‘n pragtige leeslampie sou wees. Iemand wat dalk nie geweet het hoe waardevol hierdie vaas is nie? Of het hy geweet maar dalk net omgegee nie?

Ek vergelyk verhoudings met hierdie kosbare vase. In die begin troetel mense mekaar. Is hulle lief vir mekaar ten spyte van. Verdra mekaar. Vergewe mekaar. Vertrou mekaar. Party paartjies kry dit reg om vir jare al hierdie goeie punte van mekaar te waardeer en te ondersteun. Maar soms, soms val die vaas om en daar verskyn ‘n haarfyn, ragfyn krakie van een sentimeter. Die vertroue kry ‘n knou. Kraak!

Bietjie later laat koue weer dalk die krakie aanloop totdat dit vyf sentimeters lank is. Dis nog steeds haarfyn. Maar langer. Om te vergewe raak moeiliker. Kraak.

Een dag stamp iemand per ongeluk te hard aan die vaas. Nou kraak die ragfyn krakie bietjie wyer en dieper. Vergiffenis raak ‘n voltydse werk, want alles word nou in ‘n ander lig gesien. Die vaas is nie meer mooi nie. Die kraak het die mooigeit bederf. En om alles te kroon, raak hierdie vaas by die dag al hoe meer waardeloos.

Hoekom kan ‘n man nie by sy belofte bly wat hy gewoonlik voor 150 plus getuies aflê nie. Daardie een van “om te koester” nie. Koester is so beskrywende woord. Koester beteken dat ek sal keer dat iets jou afkraak. Jou seermaak. Ek sal jou beskerm. Dit beteken nie ek sal jou menswees in my hande vat en jou probeer druk in ‘n vormpie soos ek jou wil hê nie. Koester beteken dat ek al my vooropgestelde idees eenkant toe skuif en jou onderskraag in jou beroep, jou ma-wees. Jou dogter van ‘n familie wees. Koester is om te keer dat ander mense telkens woorde uiter wat jou seermaak. Dis om daardie persoon stil te maak, dalk op sy plek te sit. Dis om NIE saam te praat nie.

Want nou staan jy met daardie vaas in jou hand. Jou optrede die laaste paar dae, het daardie kraak so diep gemaak. Ek weet jy is so spyt, maar ek weet ook dat jy die blaam verskuif. Ek weet dat jy nie mans genoeg is om voluit te gaan en te erken dat jy te kort geskiet het nie. Dat jy nie genoeg gekoester het. Dat jy nie die Bybel se riglyn van “wees lief vir jou vrou soos jy jouself liefhet nie…”

A! Daar is die kern van hierdie saak. Jy is nie lief vir jouself nie. Jy is onseker want dinge in jou verlede het bygedra daar toe. My liewe mens, as jy nie eers jouself kan liefhê soos Christus jou liefhet nie, hoe wil jy dan vir die kosbare vaas lief wees?

Want die skade is onherroeplik. Die wantroue lê in ‘n dik kors. Die bang wees vir die dag as jy dalk werklik die lyn oorsteek en merke los?

Die hemel weet, ek wens ek kan die horlosie vir julle terugdraai. Ek wens vandag ek het 20 jaar gelede die moed gehad om my vrese te oppper, al sou almal daai tyd gedink het ek is van lotjie getik. Ek wens ek het toe vir jou daai tyd gesê dat jou lewensmaat breekbaar is. En dat jy  breekskade kan aanrig met jou mond, met jou dade. Daardie goed wat jy doen om jou onsekerhede weg te steek.

Maar ek het nie. En nou sien ek ‘n elf miljoen rand vaas verbrokkel na ‘n paar stukkies bont glas. En dis vrek sleg. Vrek sleg.

 

Advertisements

13 comments

    • Als sou ek 20jr gelede gepraat sou dit op dowe ore geval het..hy was toe alreeds in die prentjie en ek was die nuwe tannie in hul pa se lewe….nou is ek die vertroueling…

      Liked by 1 person

  1. Ek dink dit is vrek sleg dat mens iemand so kan breek. Gevoelens is soos daardie kosbare vaas wat kan breek en dan is daar daai mense wat dit wil verander en in die proses vat hul al daai kosbare waarde weg. Die woord ‘mens-dom’ is tog so waar. Ek en ma dink aan jou Nootjie. 😘

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s