Ontsnapping

images (16)

Ek kontak vir Scrapy en vra of sy nie haar elonmusk vliegmasjien vir my wil stuur nie…ek sal betaal maar ek moet nou ontsnap. Sy stuur daai masjien. Dankie Scrapy!

Ek pak my valise teen die spoed van wit lig. Voor die son opkom wil ek in Rebusfontein wees. Daardie oase waar ek net kan wees. Ek kan Vuurvliegie nog nie genoeg bedank vir die skepping van hierdie veilge hawe nie. Ek moet iets vir haar doen. Iets om so baie dankie te sê. Miskien kry ek op Rebusfontein die regte idee.

Ek stoot die groen deurtjie van my huisie oop. En ek haal ASEM! Diep asem. Dis SO goed om tuis te kom. Ek maak heel eerste al die deure en vensters oop sodat die oggendwindjie kan deurwaai. Hier is niks spinnerakke wat moet wegwaai nie. Ek gaan sit my valise in my kamer neer. My groen kamer waar die waters van rus vloei. Daar is ‘n kloppie aan die deur? Is hier nog ‘n Towerin wat kom asem skep, wonder ek. Daar is niemand nie, maar daar staan ‘n mandjie voor die deur. Ek loop nader en begin sommer huil! Dis ‘n Bengal, ‘n baba Bengal katjie! Ek begeer al solank enetjie en hier …..

bengal

Sy moet ‘n naam kry! Ek sal die ander Towerinne vra om my te help om die mooiste naam vir haar uit te dink! Ek tel MY kat uit die mandjie en dra haar rond. Twintig jaar. Dis ‘n leeftyd! Ek het my eie kat na 20 jaar. Ek voel hoe ‘n snaar los raak. Ek gaan staan voor my outydse radio met sy regtige, egtige speakers. En ek soek na die CD van Shakin Stevens. Kort voor lank weergalm die klanke van “Green door” oor die radio! Ek en kat dans saam, ons gooi ons lywe rond. Nog ‘n snaar skiet! Ek los die radio aan. Die een na die nader van my gunsteling liedjies speel. Kliphard, maar dit sal niemand pla nie, want die atmosfeer wat my huisie toevou, is klankdig. Net ekke hoor my eie musiek.

Later raak ek honger. Kat het haar magie volgesuip aan die regte plaasmelk en lê op die vensterbank in die kombuis en was haar gesiggie. Ek maak my yskas oop. En haal al die kosse uit wat ek van hou. Ryk lasagne met ‘n bloukaasslaai. Suurlemoen meringue vir nagereg.  Die kas in die eetkamer het my gunsteling drinkgoed in. Droë sjampanje. Droë wit wyn. ‘n Paar bottels droë rooi. Pink gin en tonic.

Heelwat later is dit tyd om te gaan bad. In Rebusfontein is die weer mos soos dit was in die tuin van Eden. Perfek. Tyd om kerse aan te steek en die boek en glas wyn saam te vat.

bad

En nog ‘n snaar skiet. Ek is so bly dat my huisie internet, wifi en selfoon opvangs bestand is. Ek hoor niks van “buite” af nie. Ek dink my selfoon lê in die kombuis van die huis. My laptop staan nog daar in die studeerkamer. Dit gaan bietjie konsternasie afgee.

Dis al baie laat as ek die bedliggie in my kamer afsit. Ek het gelees en gelees en ek kan nou gaan slaap sonder enige hoofpyn. Dit moet die vars lug wees en die vrede wat maak dat ek vanaand vir die eerste keer in weke hoofpyn vry is. As jy vat ek het nie eers my leesbril opgesit nie!  Geen gekreun, gesteun of gesnork nie of geluide van ambulanse wat op die snelweg heen en weer jaag nie. Of motors wat op en af ry na wie weet waar ook al hulle daai tyd van die nag heenfoeter nie. Net die lieflike gepurr van ‘n baie tevrede kat.

 

bedroom

Dis die sagte reuk van die gesnyde rose wat in my tuintjie groei en nou die huisie vol staan, wat soos narkose op my inwerk. Voor ek heeltemal aan die slaap raak, skiet die laaste snaar.

roses

Ek sal more gaan kyk of hier nog iemand is…..vir nou is ek eers salig tevrede….

 

Advertisements

37 comments

  1. Ek het nou heerlik in my verbeelding saam met jou ontsnap, en sommer bietjie van jou lekkerte ingeneem. Jou groen kamer is so jy. En jou kat, na 20 jaar se wag verdien jy haar!

    Like

  2. Ek is bly Scrapy kon vir jou haar vliegmasjien stuur en dat jy nou rustig in Rebusfontein is. Jou kieterkat is tog te mooi en ek dink julle gaan lekker daar bly. Ma sê dis nou pure toeval dat jy Shakin’ Stevens luister want jy doen ook nou. Sy is mal oor sy musiek ook. Ek lê onder haar stoel en ruk my lyf rond saam met die musiek. 😀

    Dis ‘n pragtige huisie waar jy jou intrek geneem het. Geniet. 😊

    Like

  3. Dis paradys daardie. Bly net daar, ek is op pad. Ek gaan daar op my vlot sit wat VirgoC vir my gegee het en klippies in die water gooi vir elke dag van Mei wat my so frustreer het. Dis ‘n pragtige ou katjie.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s