Klippies

Hester sê sy is oppad Rebusfontein toe. Sy gaan op haar vlot sit en klippies in die water gooi vir elke nie-lekker dag wat sy in Mei beleef het. Ek bied aan om solank die klippies te gaan optel.

Maar nee! Dis nie wat ek moet doen nie! Ek dink onwillekeurig terug aan al die baie kere toe ek ander mense se klippies gaan optel het. Hoe seer dit op die ou einde was. Dit was omdat dit nie my klippies was nie.

Ek tel Glimlagkind se klippies op maar dit val deur my vingers. Soos pap op die grond. En ek weet ek het nie gehelp nie. Eina.

So paar jaar gelede tel ek iemand se finansiele klippies op. Hy slaap nie van bekommernis. Sy skouers sleep so duskant sy boude op die grond. Hy moet geld kry. Dit hang soos n wolk oor ons. n Gaswolk want ek verstik daarin. En ek tel die klip op en doen iets wat ek nooit ooit sommer net sou doen nie. Ek oorleef n disiplinêre verhoor en die vernedering tussen my kollegas. My christen beeld se kop breek af in die proses. En niks van daardie donkertyd het gehelp nie. Die probleem het gebly.

Daarom besef ek dat ek nie Hester se klippies kan gaan optel nie. Dis haar proses. Sy moet self buk en soek na daai klip wat sy n naam moet gee. En dan sal sy self op haar vlot sit en daai klippies een vir een weg gooi.

Ek moes oud word om te leer dat ek nie altyd Redding Internasionaal is nie. Vandag het n ontstellende ding gebeur en dit was so onnodig. Ek wou dadelik inspring en help….maar my gedagte aan Hester se klippies het my teruggehou.

Glimlagkind moet self optel. En self weggooi. En self gesond word.

Ek is op die wal. Sodra al daai klippe weg is,sal ek naderstaan met sjampanje of Coca Cola of fonteinwater…ek sal saam met jou Prost skree…maar ek gaan nie daai klippies optel nie.

Daai werk is nie myne nie.

Advertisements

24 comments

  1. Toe ek klein was het ek so geloop en klippies optel en dan het Ma my gejaag en dit was groot pret vir my, maar nie vir haar nie. Toe verduidelik Ma eendag vir my dat net een van daai klippies in my keel kan vassit en dan gaan ek dood en dan sal sy ook doodgaan. Toe hou ek klippies optel want ek wou nie hê ek en sy moet doodgaan nie.

    Jy is ook baie wys. Partykeer wil mens klippies optel, maar dis nie goed nie en party klippies is groot en dan kan hul in jou keel vassit. 💕

    Liked by 2 people

  2. Woordjies, ek Prys die Here vandag dat jy halt geroep het. Jy is reg dis nie jou werk nie. Haal jy net diep asem en praat met Hom. Gaan sit op die wal en luister vir die antwoorde. Jy gaan oky wees en Hestertjie ook. Dis juis ons eie en ander se klippies optel wat ons so moeg maak. Sit allie klippies by die kruis…

    Liked by 1 person

  3. Woordnoot dis waar wat jy skryf dat ons almal self ons klippies moet hanteer, maar ons mag vir mekaar bid vir klippie dra krag. Dis wat saakmaak. Ek vra sikwels vie maats by die see om ‘n klippie in die see te gooi want ek verlang na die oopheid van die strand en see. Net plein verlange, niks laste. So daar is klippe en klippies….🤗

    Liked by 1 person

    • O ja ….jy is so reg. Ek dink by my is dit n geval van net optel….en nie mooi kyk na die klippies nie. Ekself tel altyd as ek iewers heen gaan,n klip op en vat dit saam huis toe….regte egte klippe is so mooi. Maar ek moes leer om die emosie klippies maar net daar moer bly

      Like

  4. Dis nou ware woorde en ja, dis altyd erger as jou kinders en hulle kinders betrokke is. Mens loop naderhand so krom van die gewig van die klippies in jou sak. Dalk moet ons hulle net ‘n slag aan hulle eie lot oorlaat om hulle eie probleme uit te sorteer – en ek weet dit maak seer. Sterkte.

    Liked by 1 person

  5. Dis wat ek vir Toorts gesê het daar kom ‘n tyd om halt te roep… ek noem dit tough love. My hart en ore bly oop maar my hande en inspring om te probeer regmaak wat aanhou verbrou word, hou ek terug. Sterkte!!!

    Liked by 1 person

    • Eish Kameel….na vandag se kuier is ek baie bly ek het hierdie afgelope week niks gesê of gedoen nie…want my gesig sou nou vol eiergeel gewees het. Maar dis nou weer n storie vir volgende keer…Ek is net goddank bly dit was nie ek wat hierdie keer wou help en red nie

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s