Mengelmoes Kardoes

 

le-jou-eier1-e1512926357627Mengelmoes kardoes! Dis al hoe ek die gaste aan die lang tafel vir Hester se uitdaging kan beskryf!

Groot geeste aan een tafel! Josef, Prins Harry, Nataniël, Robin Williams, Mark Twain en Don Clark. Goeie giftigheid! En dan die familielede. Pa’s, stiefpa’s, tannies en celebrities se ma’s.  Gooi die Afrikaanse taaljuffrou en die eerlike bouer by. Dis ‘n resep vir ‘n suksesvolle aand! Ek sien Josef en Prins Harry diep in gesprek. Jy kan aan Harry se gesig sien dat wat ookal Josef sê, dit maak diep indruk. Dit lyk op ‘n stadium of die gesprek oor babas gaan, want Harry sus ‘n denkbeelidge baba. Per slot van sake is albei se seuns groot in die nuus!

Nataniel en Mark Twain sit en kwetter soos twee spreeus. Ek stik in my G&T toe ek sien hoe Mark aan Nataniël se jas voel. So versigtig asof hy bang is dit skeur. Nataniël is soos gewoonlik net arms soos hy beduie. Hy haal die tafelvurk uit sy jas se sak en demonstreer hoe hy Kim se boude afgeblaas het! Die man darem!! Sy staan aan die ander kant van die vertrek saam met Broodina en die vrou wat Una so vergal. Mens kan  sommer op hulle gesigte sien dat hulle gesprek nie baie nice is nie. Kim vat elke keer ‘n glas sjampanje van die skinkbord af as die kelnertjie naby haar kom. Sy begin nou ook al giggel soos ‘n bakvissie en dit klink nie te waffers nie. Selfs Broodina se gewoonlik bleek wange is skielik baie pienk! Kim se goue lamè rok hang nou soos ‘n twaksak om haar boude.

Don Clark en Naas Botha is in ‘n enstige gesprek gewikkel. Dit moet iets oor skop wees, want albei van hulle maak sulke klein demonstrasies van skoppe. Ag, hel! Kan mens nêrens heen gaan waar daar NIE oor rugby gesels word nie? Ek sluk sommer ‘n lang teug weg!

Narsis gaan maak hom tuis langs Hitler. Ja nee, dink ek so by myself. Birds of a feather? Eenkant, onder die bome staan die oneerlike bouer. Ek maak ‘n nota om hom dop te hou! Hier gaan niks vanaand verdwyn nie!

Die een groep wat almal se aandag trek want hulle bars kort kort uit van die lag, is my stiefpa, Toorts se pa, Tannie Annemarie, Leon die eerlike bouer , Bondels se Afrikaanse juffrou, Robin Williams en Trevor Noah se ma. Jy kan sien die kwinkslae vlieg heen en weer want die klomp se vrolike laggies klink soos musiek! Robin ruk sy Patch Adams neus uit en toe krul die klomp eers van die lag!

Stadig maar seker begin die GROEP se manewales deursypel na die res van die groepie toe. Die Towerinne wat almal besig was om hulle disse reg te kry, se werk in die kombuis is klaar en hulle begin meng met die groep. So ongemerk begin die Towerinne die klomp nader aanmekaar trek. Iemand vertel ‘n grap en die hele groep bly stomverbaas stil oor die harde uit die maag lag van Hitler se kant af. Hy klap natuurlik dadelik sy snater toe as hy agterkom hy het sopas sy naam krater gemaak. Dit was die kans waarop Blondi gewag het. Sy sluip saggies weg. Sy het lankal die ander katte en honde waargeneem en sy is beslis nie so onbemind soos haar baas nie.

Soos die leeu en die lam, dink ek as ek na hierdie ongelooflike diverse groepie mense kyk. Gehate mense. Veroordeelde mense. Siek mens. Gawe mense. Liefdevolle mense. Almal verdra almal. Eet saam. Drink saam. Gesels saam.

PicknMix….soos daai chocolates en lekkers wat mens jare gelede by PicknPay gekoop het. Al die soorte met verkillende vorms, kleure, groottes en geure in een kardoesie. Dan steek jy jou hand in en jy eet wat jy kry want dit was nie iets wat gereeld gebeur het nie.

Hierdie kuier sal nog lank onthou word. Ek sien op die Towerinne se gesigte die lekkerte. Wat ‘n ongelooflike goeie idee…’n langtafel op ‘n make believe dorp met gaste, bemind en onbemind. Ons kan ‘n nuwe toekoms bou… In die rerige wêreld. Ons moet net begin.

 

Las jou storie aan by hierdie InLinkz skakel: https://fresh.inlinkz.com/p/f68a9fa9110148b1ab92181b21eb7d51

Ons gaan twee weke kans gee vir hierdie skrywe (tot 30 Mei), ingeval jy moet terugverwys na die vorige blogs. Kyk heel bo aan hierdie blog – ek ek het die skakel vir die vorige blogs sommer daar in die eerste sin gegee.

Bloggers wat nog nie voorheen deelgeneem het aan ons Lê-Jou-Eier bloguitdagings nie: Om raad te kry oor hoe om deel te neem en om aankondigings van die nuwe onderwerpe te sien, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.

Advertisements

31 comments

  1. Terwyl ek lees oor die kuiery tussen die onbemindes, kramp my maag sommer. Jy vat dit puik saam aan die einde, dit ìs moontlik om ń nuwe toekoms in die werklike lewe te bou!

    Liked by 3 people

  2. Jinne maar jy het alles netjies bymekaar gekry. My ore zoeiiiiiiii nog en ek kan nie besluit watter deel ek moet vertel nie. Waar begin ek, aitog. Ek hoop Hester gee ons weer n ekstra week… oulik woordjies, oulik

    Like

  3. Jy is nie op InLinkz nie. Ja nee dit was omtrent ‘n mengelmoes bymekaar….maar alles het goed afgeloop. Hester moes net vir koning Henry bly paai het…en Hitler was heel gemoedelik nadat ons Blondi gevind het. Ek het nie eers vir Josef en Harry sien gesels nie. Sou graag daardie gesprek wou hoor.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s