Dreigend

storm (3)

Ek voel dit kom. Stadiger as dreigende weer en donker wolke, maar dit kom nader.

En ek wonder of vitamine B  iets daarmee te doen het. Want die afgelope weke was alles maklik. Makliker. Die bekommernisse het nie weggegaan nie. Inteendeel, dit het eintlik in werklikhied meer en erger  geword. Maar dit het my nie soveel gepla nie. Skielik, van laasnag af, praat ek en myself weer hard met mekaar.

“Dis nog steeds dieselfde soos laas week? Hoekom worry jy nou so skielik daaroor?”

“Ek weet nie. Dis asof dit net skielik op my neersak, die donkerte.”

“Jou finansies is nog steeds beroerd. Jou dogter wil nog steeds skei. Jy voel nog steeds nie beter nie. ”

“Ek weet al hierdie dinge! Ek verstaan nie waarom die knop nou weer skielik op my maag saam trek of hoekom my hoofpyn nou elke aand in ‘n semi-migraine verander nie! Hou op om my aan te val daaroor!”

“Ek val jou nie aan nie. Ek sien net nie die rede dat jy nou uitmekaar wil val nie. NIKS HET VERANDER NIE!”

Ek en Myself baklei lelik teen al hierdie gedagtes, vrese, bekommernisse. Ek lees doelbewus al die blogs oor en oor, lag lekker oor al die goed wat my medemense kwytraak. Sien die nuwe uitdaging raak wat verseker die lagspiere gaan los maak! En tog, tog bly die dreigende donderweer op die horison! Ek wag vir die donkerte om my toe te vou.

Dalkies, net dalkies moet ek weer ‘n vitamine B inspuiting kry. Dis al asof my lyf anders dink vir twee weke nadat ek dit gekry het.  Dalk is  die broeiende storm se Nemesis net ‘n simpel kommin inspuiting.

Dalk nie…..

Advertisements

22 comments

  1. Vitamiene B sê jy? Dalk moet ek dit ook probeer. Of dalk moet my dogter nou huis toe kom sodat ons vitamiene see kan inkry. Ek dink die bekommernisse en stress bou op soos toxins en dan, een nag om presies 3h00 vm, bars die hel los in jou kop. Vir dae, of liewer nagte, kry jy nie geslaap nie en alles knaag aan jou. Ek dink ek gaan vir die inspuiting.

    Liked by 2 people

    • Dit doen nie kwaad om daai vitamine booster te kry nie….ek sien kans vir baie as ek dit in het….dit werk net te gou uit maar dis nou ook nie honderde rande nie…

      Liked by 2 people

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s