Ons twee se verhouding.

So gesels ek en Una nou die dag diep gesprekke. DIs die ding met Una. Jy kan maar met haar praat. Ons giggel oor ons simpelgeite. Ons twee dink baie eenders. Miskien omdat ons albei Boogskutters is (altans, ek dink so!)

So draai ons gesprek na ons verhoudings toe. Ag my hete! Dis asof ons al vooruit weet wat die ander ene gaan sê. Dis ‘n ligte gesprek, al kla ons steen en been. Dis ‘n lekker gesprek, want ons verstaan so goed.

Later die aand lê ek in die bad. Nou weet ek dat as die Here vir my iets wil sê, dan keer Hy my in die badkamer vas. Want hier kan ek nêrens heen hol of iets anders gaan doen nie. Ek moet luister. Ek moet bysê dat ek maar in die laaste tyd baie vinnig gebad het net om seker te maak dat daar nie gesprekke plaasvind nie. Ek is mos op ‘n “plek”

So bepeins en bedink ek weer die gesprek vroeër. Die ding is dat ek vir die eerste keer in ‘n lang tyd, op my rug in die lekker warm water gaan lê. FOUT!!

GOTCHA!!! Die sagte stem begin praat.

“Jy sê jy het nie ‘n verhouding met My nie. Maar Ek sê ons het. Elke sug, elke kreun, elke smeekroep, elke smagting wat jy aand na aand in hierdie einste bad uitkryt, is praat. Jy “praat” meer met my as met jou man. By hom verswyg jy sekere dinge omdat hy nie verstaan nie, omdat hy dadelik wil inspring en reghelp. Maar hier, hier hoor Ek. Niks gaan by My ore verby nie. Ek sien as jy lelik huil. Hartverskeurend snik. Het jou man jou al ooit so lelik gesien huil? Nee, want jy hou “face” voor hom. By My is jy net wie jy is.Geen pretensie, geen beheer. Ek noem dit verhouding”

Vanaand kry ek hierdie video.

Need I say more?

 

Advertisements

18 comments

  1. My verhouding met die Here is netso spesiaal – verseker heeltemal op ‘n ander dimensie as die van my en my man… dan kom wys HY boonop kort kort aan my waar Hy spesifiek bemoeienis met my kom maak… ons aanbid voorwaar ‘n Lewende God wat nie opgee op ons nie…. ek ken die video en dit is mmm “kiev” 😎😎

    Liked by 1 person

  2. Nou sit ek hier sonder woorde soos ek die laaste tyd voor God ook sit. Ek dink die langste sin en wat Hy in die laaste tyd by my hoor is “Ek is sooooo moeg.” Dankie vir die skrywe en video.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s