Gesoek: Dringend!

images (1)

VAKATURE BESKIKBAAR OM SO GOU AS MOONTLIK GEVUL TE WORD:

AGTERGROND:

In Langebaan woon ‘n man.Hy het daar gaan “aftree” en word dus as ‘n ‘inkommer’ beskou. Hy is getroud maar vroutjielief leef tans haar eie lewe  en net min belang  by hom. Dit gebeur mos maar as mens donkiejare saam in een juk trek. Hy is ‘n oud dominee. ‘n Wel belese, goed opgevoede man met musiek kennis soos min. Woord towenaar. Pa van twee seuns en een dogter. ‘n Man wat sy lewe lank aan sy medemens gewy het. ‘n Opregte mense mens. Deernisvol.

Maar die lewe het hom ook die gatkant gewys. Sy opvolg boodskap nadat hy verlede week by die staashospitaal was (moenie dink hy het as afgetrede dominee nog ‘n mediese fonds nie!) is die volgende: Defribilator werk optimaal. Hart kan glad nie meer alleen funksioneer nie. Leeftyd van defribilator is 5 jaar. Myne is 8 jaar oud.  Kan geen narkose kry om groeisel aan my sy se biopsie te doen. Risiko te groot.”

Hy sit en wag om dood te gaan. As die masjientjie nou ophou werk omdat dit te oud is, of as hy besluit om dit af te skakel, is hy vir ewig weg. Hy oorweeg die afskakel deel. Want hy is eensaam. Hy het niemand naby hom wat hierdie moeilike dae vir hom kan maklik maak nie. In sy eie pyn toestand versorg hy sy ma wat bedlêend is. Sy dae is gevul met pyn en onbeskryflike eensaamheid.

Vanoggend vra ek of ek nie iets vir hom kan doen nie. Ek sit wel duisend plus kilometer van hom af, maar ek voel so wanhopig as ek aan hom dink.

“Ek wens ek het net iemand gehad wat so nou en dan hier kan inloer. ‘n Koppie koffie saam my drink. Net my hand vashou. Ek is nie bang om dood te gaan nie. Ek is so bang vir hierdie eensaamheid. Stilte is ook ‘n manier van doodgaan.”

Vereistes vir geskikte persoon: Baie liefde en deernis. Tyd vir koffie. Geselskap oor kuns, woorde en musiek. ‘n Pilletjie aandra as die pyn te ondraaglik word. Dalkies ‘n hand vashou as die defribilator skielik ophou werk. Net omgee. Net omdat mens wil.

Hy is in sy eie leeukuil, selfgeskepte Alcatraz, Robbeneiland. Ek bid vir ‘n engel wat hom kan bevry.

 

36 comments

  1. Wens ek nou ek het my Caregiving besigheid gehad daar dat ek hom net kon gaan haal en sy ma. Al kan hy net lekker gesels en dalk so breuk vat dat iemad na sy ma kyk. Bid saam dat iemand hom sal kan gaan sien, soos jy sê, net sy hand hou,x

    Like

    • Eish Virgo….dit sou nou die antwoord op gebed gewees het. Ek gaan nou ernstig begin soek na iemand…ek is seker daar sal iemand wees. Toe ek vandag vir hom sê ek gaan n engel soek was sy woorde…dit sal wonderlik wees.

      Like

  2. Hello,
    I am an Englishman so please pardon me not commenting in Arikaans. Someone sent me the link and asked if we can help. We live in Langebaan.
    Did you manage to contact the couple in Saldanha?
    Pardon me asking – but – if this man is a believer – why is he not in a fellowship in Langebaan where his “spiritual family” would care for him?
    If you forward his contact details we will reach out to him

    Like

    • HI Tony, I appreciate your reply. Please send me your email address. I will prefer to give his details to you in such a more private way.

      Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s