Love is in the air….

couple-3018412__340

Januarie 2014…ek kry ‘n oproep. “Tannie, kan Tannie gou kom! My asshole van ‘n pa het uitgeloop..my ma huil vreeslik.” Ek spring in my kar en jaag. Ons sit op die drie verdieping huis se stoep. Ek, sy en twee van haar kinders. Seun praat niks, dogter rant en rave en drink. Vriendin sit verwese, aasvoëlskouertjies, bleek. Ek kyk na haar en wonder waar is die sterk, selfversekerde vrou heen. En ek twyfel of sy dit gaan maak.

Maar tyd stap aan en stadig maar seker vind sy genesing. Maar die alleenheid pla. Sy begin paniekerig raak en ondersoek allerhande dinge soos Tinder, Internet dates sites en helaas dan ook ‘n klub vir alleenlopers. So begin ‘n warrelwind tydperk. Sy ontmoet en los. Vind en los. Ek verloor later tred met die name. Ek huil in my hart, want ek sien sy spiraal al hoe meer af. En tussendeur is die kinders baie voorskriftelik oor die mans wat sy mee mag uitgaan. In hulle oë is die ideale man iemand soos hulle Pa. ‘n Cool man. (Iets wat hul Pa eintlik nie is noudat hulle Ma nie meer sy klere koop en  afsprake sodat sy hare gesny kan word nie). Ontmoet sy iemand van wie sy hou, kraak die kinders hom af en is dit koebaai meraai.

Sy verloor geld wat sy vir iemand leen, iemand wat in hulle uitgaan periode, ook ‘n ander man in sy lewe het. Sy raak betrokke by ‘n alkoholis, wat haar manipuleer. Dan is daar die een wat haar in sy lewe wil hê, maar sy moet weet hy kuier ook nog by twee ander vrouens sonder wie hy nie kan lewe nie. Ek luister na al die stories en wil haar skud, maar ek weet uit dure jarelange ondervinding dat sy nie vir my luister nie.

Ek skryf vir haar ‘n kortverhaal waarin ek al die manne en hulle stories uitlig, in die hoop dat haar oë sal oopgaan. Maar om die storie mooi te laat eindig (want dis wat skrywers mos maar doen) las ek ‘n stertjie aan van ‘n man wat by sy vrou se sterfbed sit en sy moet as berader hom gaan ondersteun. En dan op die einde…soos in alle liefdesverhale, trou die tweetjies.

‘n Tydjie terug storm sy vervaard hier by my in die praktyk in. Sy is alles behalwe mevrou Cool.  Ek ken haar nie so nie, en my eerste gedagte is dat iets sleg gebeur het. Lang storie kort, sy is uitgeroep as trauma berader om ‘n man by te staan. Hy het vir 14 jaar sy vrou wat MS gehad het, versorg en sy is oorlede. En skielik voel hy daar is nie meer ‘n doel met sy lewe nie. Sy dokter sien dat hy uitmekaar val en reël vir trauma berading. Vriendin is die hospitaal se traumaberader en sy moet hom sien. Met die eerste ontmoeting is daar ‘n vonk. Nee wag…eerder ‘n bliksemstraal tussen hierdie twee mense. Hy is ouer as sy, en voldoen nie aan haar kinders se voorskrifte nie. Sy straal en vir die eerste keer in 25 jaar ontmoet ek die regte vrou wat al die jare weggesteek was agter maskers van voorgee. iemand wat skielik warm en toegeeflik is en nie meer haar emosies wegsteek nie.

En ek kan nie help om te wonder nie…was my verhaal dan ‘n profesie?

Advertisements

17 comments

  1. Sonder om te dweep, dink ek rerig die Here kom sit partykeer woorde in ander mense se monde wat Hy wil hê ‘n ander moet hoor omdat hulle dit verleer het om God se stem te hoor.

    Want ek moet erken ek het al self goed vir mense gesê, en na die tyd verwonderd gewees oor wat ek sopas kwytgeraak het want dit het waaragtig nie van my afgekom nie – mooi goeie woorde wat salf is vir ‘n ander se siel wat net uit die Here se mond kan kom – want ek is maar ‘n redelike bemoerde, agterdogtige mens wat nie mensmal is op die beste van tye nie.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s